Gepubliseer in Joernaal,Woefkinders

Poefpolisie …

Ek gaan stap nou daagliks met die Schnauzers, soms met beide, soms met Bekka.

En … om een of nder rede, moet hulle op pad poef. As ek weer sien, trek die leiband my amper onderstebo, een op sy of haar hurke. Ons estate is baie kwaai daaroor, en dit is te verstane.

Almal gaan stap met hulle honde. En kan jy die naarheid voorstel as niemand agter hulle eie woefkinders optel nie?

Dus stap ek met plastiese sakkie in my sak om op te tel.

Vanoggend het Bekka sy poef gemaak, ek het opgetel, asblik gekry, weggegooi en verder gestap. Net om 10 minute later weer in die een hoofstraat tot stilstand geruk te word.

Bekka weer gehurkend, ek bekommerd omdat ek nie ‘n tweede sakkie het nie. Terwyl ek so na hom staan en kyk, sien ek ‘n beige tjorretjie verby my ry.

Bekka het egter net ‘n wind gehad, dit was ‘n vals alarm, ek was verniet benoud.

Die tjorretjie het al stadiger en stadiger en stadiger gery, maar ek steur my nie daaraan nie. Dit is die een hoofstraat deur die landgoed, sy soek seker ‘n adres.

Die tjorretjie het gestop, en begin in trurat ry. Dus soek sy seker ‘n adres.

Toe sy regoor my is, val sy my aan:

“Het jy opgetel?”

Ek kyk die tannie met die grys bolla aan en vergeet heeltemal van goeie maniere.

“Wil jy gaan kyk?”

Sy Het-jy-opgetel my weer en ek daag uit:

“Gaan kyk.”

Sy probeer vriendelik wees, maar ek is nie lus vir bakleierige ou tannies nie.

Terug stop hy my weer so twee keer, en elke keer buk ek af en paai die man, ons is nou tuis, jy kannie weer wil poef nie.

Ek sal maar met meer sakkies gaan stap, net-nou wil hy ‘n tweede keer en dan is ek uit sakkies uit.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

8 gedagtes oor “Poefpolisie …

  1. Ek het altyd twee sakkies saamgevat . Meestal het ek die tweede poef sommer met eerste sakkie ook opgetel(dis nou as dit nie ‘n slap een is nie) Hier loop almal met honde en 99% van mense tel op. Mens kry altyd ouens wat maak of hul dit nie raaksien dat die woef gesit het nie. Dis darem onregverdig om die hond se poef te los sodat mense daarin kan trap. (Ek kan jou nie antw oor saam eet nie, hul sal my kop weer wil afbyt)

    Liked by 1 person

    1. Scrapy, jy word regtig na my mening mishandel. Ek maak by die see kos op ‘n tweeplaat stofie as die kraag af is, en dit is omtrent voldoende vir die maak van alle soorte kos. Ek kan ook ‘n solar dom aanbeveel, of wat van ‘n air fryer om kos in jou kamer te maak? Dit was maklik, gebruik min krag en ons s’n het twee laaitjies, dus maak ek byvoorbeeld hoender en chips op een slag gaar.

      Like

      1. Jong daar is nie plek in my kamer nie. Gelukkig staan my yskas darem in die garage en hoef ek nie die yskas binne te gebruik meer nie. Ek het ook nie water hier nie. Moet steeds ingaan en skottelgoed(my koppie, glas en papbord) Eet darem pap hier in my kamer. Ek weet dis onregverdig maar wat kan ek maak. Het nie genoeg inkomste om weg te kom nie. Die klaar voorbereide kos word net in mikrogolf warm gemaak. Eet sommer uit die houer en gooi dit in gerwinnings asblik. Moenie worry, ek is al baie kalmer as wat ek ‘n jaar terug was toe ek hier ingetrek het,

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar op woordnoot Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.