Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: My ritssluiters tot bo

Kleinkind hou nie van sy truie en baadjies se riyssluiters tot bo opgetrek nie.

En ek kan dit nogal verstaan. Die goed kan hulle nekkies seer krap.

Maar, as ek hom opstel en my baadjie se ritssluiter is nie tot bo opgetrek nie, dan word dit vir my opgetrek. Tot heel bo. Dit is nie die smaaksste daarvan nie, die feit dat myne moet op en syne moet af nie.

Die snaaksste is sy woorde:

“Ek maak jou toe ouma.”

Ek giggel elke keer vreeslik baie daaroor. Want ek dra nie lae hals klere nie. Kom uit my juffrou dae, dink ek. Mens kan nie by kind buk en jou bates (of is dit laste) uitstal nie. Dit is baie, baie onaanvaarbaar.

Dalk ook oor ‘n man se kommentaar in die eerste jaar wat ek skoolgehou het. Ek het by die kraan gebuk om my hande te was, en soos ek gewoond is, my hand teen my bors gedruk om my bates toe te hou.

En toe moet ek, met ‘n paar seuns in die nabyheid hoor, ek moenie so wees nie. Hy wil darem ook iets sien.

Ek was baie verontwaardig, dit is juis moeilik vir jong juffrouens om seuns te laat verstaan dat ons nie hulle speelmaatjies is nie. Hulle het egter nie gewaag om kommentaar daaroor in my klas te lewer nie.

Dalk omdat dit matrieks was? En ek toe nog nie vir matrieks skoolgehou het nie.

Iedergeval, ek giggel elke keer. Want hierdie ouma maak haar bors baie mooi toe. Net nie die baadjies nie, nie altyd nie.

Tog word ek warm as ander mense hoot, lekker skaam daaroor dat kleinkind voel hy moet my “toemaak.”

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

6 gedagtes oor “Kleinkindpret: My ritssluiters tot bo

  1. Ek hou ook nie van ‘n ritssluiter tot heel bo nie – net omdat dit soms so koud teen my nek is (veral in die winter). Maar jou kleinkind is slim – ons moet “toe maak” om ons te beskerm teen die koue en ongewenste kommentaar 😉.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.