Shilo’tjie was sedert die 10de Januarie 2023 siek, en nadat onbehandelbare, vinnig-groeiende kanker gediagnoseer is, het hy vinnig agteruit gegaan tot hy nie meer kon loop nie.
Tog, het hy dit hom nie laat onderkry nie. Hy het die pak soos ‘n man gevat. Genugtig nee, ek moet dalk eerder skryf soos ‘n vrou. Want nie alle mans vat pyn maklik nie. Ek dink die meeste vrouens doen, hoe anders gaan staan ons weer in die ry om nog ‘n babatjie te kry? Maar, ek moes hom laat gaan, op ander se aandrang.
En nou kom ek eers agter hoe baie ek Sobek (ou Bekkatjie) afgeskeep het. BB het baie aandag gekry, sy was my eerste Schnauzer en mamma van die twee ander (Bekka en Shilo). Twee broers, die een so bietjie meer as ‘n jaar ouer as die ander een, met verskillende pappas.
Ek blaai deur my foto’s en daar is honderde van Shilo, so baie dat ek ‘n foto-boek gaan maak om hierdie woefkind van my te onthou. Van arme Bekka is daar min foto’s. BB ook.
Daar is darem baie, baie foto’s van die drie saam. Want hulle was altyd saam, bondgenote. Maar, is dit nie maar soos mensekinders nie?
Van die oudste en jongste is daar baie foto’s, middelste moet maar aan die agterste speen drink.
Hier is ‘n paar foto’s uit sy jonger dae …

Ek het hulle mos geteel. Groot foto, is ‘n foto soos wat ek die babatjies laat poseer het in ‘n blompot terwyl ek hulle afneem. Tandekry tyd was baie snaaks, badtyd was nie vir hulle lekker nie. Ook nie vir my na die tyd nie, kyk hoe bruin is die water. Maar Bekka het stil gesit vir die droogblaas, dit baie baie geniet. Shilo’tjie wou niks weet nie.
En dan het ek die babas so laat lê vir ‘n gesinsfoto – of is dit nou kinderfoto? Boonste foto regs is Bekka saam met sy boeta wat seun se kind is.
Siestog, my arme Bekkatjie. Hy laat my nie alleen nie, staan op en stap agter my aan na waar ek ookal gaan. Dan lê hy daar by my. Ek sal bietjie meer aandag aan die middelste kind van my moet gee – wat foto’s betref.
Ons twee gaan stap nou elke dag vir 30 minute lank, dit is hoeveel minute ek moet stap. Dit moet ek ook een of ander tyd anders doen, maar tot Desember is dit my lot. Ek gaan egter nie weer ‘n Apple horlosie so kry nie. Dit is ‘n storie vir ‘n ander dag.
Hier is nog foto’s uit sy grootword jare, die man is al 11 jaar oud.

Bo regs, saam met boeta Seth. Hy het so in my arms geslaap, of teen my heup. Onder hou ek hom en Seth ook vas. Bo regs – stoppe langs die pad is altyd baie snaaks, hulle val so plat op die grond om te ruik waar iemand anders gewaag het om te piepie. En dan groot foto: So lyk hy as ek die hare laat groei – beertjie ….
Ek is sommer hartseer, ek sien hy word oud. En dit is nie lekker nie, maar ek glo ons het nog baie jare saam wat wag.
Hondekinders is maar nes ons eie.., ne? Mens raak so lief vir hulle!
LikeLiked by 2 people
So baie, dalkies omdat hulle vir latyd by mens bly ook?
LikeLike
En so is daar altyd iemand….eintlik is mens nooit alleen. Bekka is n ster. Getrou. Neem daai fotos van hom en BB. Dis al wat oorbly…
LikeLiked by 1 person
Dit is so liewe vriendin, ek maak so
LikeLiked by 1 person
Dis lekker om te lees dat Bekka hom so by jou skaar … en pragtige foto’s. Dit vertel so baie van honde – eintlik is hulle maar net ‘n verlenging van ‘n huis gesin.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, ek waardeer dis so baie. Ek het lekker met die babas gespeel
LikeLiked by 1 person
Dit is die mooiste foto’s. Geniet jou nuwe body guard. 😀🥰
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe vriendin, ek sien ek het hom nie te veel afgeskeep nie. My juffrou hart het dit gelukkig onbewustelik nie toegelaat nie.
LikeLiked by 1 person
Mmm ek het so gedink! Jy het soveel omgee in jou! Hy was beslis nie afgeskeep nie! ⚘
LikeLiked by 1 person
Ai, sterkte met jou hond. Mens raak vreeslik lief vir hulle.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, dit is amper of ek lus is om nie meer lief te raak nie.
LikeLiked by 1 person