Shilo’tjie was sedert die 10de Januarie 2023 siek, en nadat onbehandelbare, vinnig-groeiende kanker gediagnoseer is, het hy vinnig agteruit gegaan tot hy nie meer kon loop nie.
Lees voort “Bekka neem oor as my oppasser, of was hy nog altyd ook?”Etiket: Sobek
Ek is Sobek – die Miniatuur Schnauzertjie
Hierdie plasing vorm deel van die volgende bloguitdaging:
“Die wêreld verander teen ‘n vinnige spoed, ons kleinkinders word met ‘n selfoon en tablet in die hande groot. Hulle draai ‘n kraan oop, kry lopende water, sit ‘n skakelaar aan en daar is elektrisiteit. Sit ‘n TV aan en kyk ‘n storie. En dink selfs oumas is, soos Steve Hofmeyr oor spoke sing, so bietjie dom as ons nie so vinnig met die tegnologie is nie. Maar, daar is baie wat hulle nie weet nie, want ons oumas was ook kinders. En ons kan stories vertel …
‘n Bundel kinderstories uit die pen van die Goue Vroue