Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Ek met kleinkind in boom in

Seun en skoondogter spot en gesels vanaand al te lekker met my. En dit het so begin.

Volgens skoondogter sal sy ‘n kar van haar kind kan lig. Seun spot dat dit onmoontlik is, sy kon Maandag nie eens 45 kg lig nie. Goeiste aarde, ek sal nie eens probeer nie.

So vertel hulle waar dit gedagte vandaan kom. Die eerste man wat 500 kg kon lig, het dit deur hipnose terapie reggekry. Hy moes nie die gewig voor hom sien nie, maar die kar wat hy van sy kind moet aflig. En toe doen hy dit. Nou kan vele meer mans dit doen.

Sy sê sy sal dit kan doen, ‘n kar van haar kind lig. En seun sē nie eens in die oomblik sal adrenalien genoeg wees om dit te vermag nie.

En toe stoot sy die aandag terug na my.

Wel, ma het met ‘n baba in die arms en hoē hak skoene aan boom geklim toe ‘n bok haar ongemaklik maak om kleinkind veilig te hou …

Dit is natuurlik waar. Ek het eers in Kazakhstan plat skoene begin dra, vrede met my kortheid gemaak. Dus het ek ook op ‘n wildsplaas met hoë hakskoene rondgestap.

Ons het twee huise gehuur. Ek, manlief en dollatjie en haar gesin het in die een huis gebly. Seun en skoondogter en sy maat in die ander een, Tussen ons huise was daar ‘n groot oop stuk veld.

Ek is met kleinkind oor na die kinders, ons sou by hulle braai. En toe ek weer sien, kom die orige bok reg op my af. Terug na ons huis was te ver, tot by hulle huis nader, maar ook te ver.

Die bok het my die vakansie uitgesoek as sy maatjie. En dit wou ek nie wees nie. As almal buite gebraai het, en ek is in die huis, het hy by die deur kom staan en blêr. Hulle het gespot die ram is verlief op my, ek was doodbang vir die vervlakste bok.

Dan moes die mans die bok eers verjaag dat ek uit kan kom.

En skielik was ons twee saam in die oopte, ek was te ver van enige huis om te probeer hardloop met ‘n baba op die heup.

Buitendien, ek het op skool geleer dat mens nie voor ‘n dier uit hardloop nie!

Ons het oorkant die vendusiekrale gebly, my pa het deeltyds beeste vervoer en voltyds geboer. Ek is oor na my pa toe. Die kraal is vir ‘n groep jong beeste oopgemaak, net toe ek naby die hek was. En toe ek weer sien, is ek eintlik in die beeste se pad.

Ek het gehardloop en hulle pote dreunend agter my gehoor, was bykans seker dit was my laaste dag. En toe duik ek in die krip vol water in. Met die gedruis van pote wat reg langs my verby jaag. Hardloop sal ek nie sommer weer nie, nie voor ‘n dier uit nie. Iedergeval, nie daardie dag nie.

En wat doen hierdie ouma toe?

‘n Boom was nader. En toe my verskrikte gesin weer sien, is ek met kleinkind en al die boom in, met die bok onder my, sy horings baie na aan my voete. Dit was ‘n groot bok, ek is hoog die boom in met ‘n baba en hoë hak skoene en al …

So ja, adrenalien kan mens goed laat doen wat jy nie gedink het jy kan nie … Ek moes redelik hoog klim om hierdie horings te vermy (hooffoto)

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

15 gedagtes oor “Ek met kleinkind in boom in

  1. Wel, kan my dit nie eers indink nie… hakskoene, baba in arms, boomklim? Sit nou en wonder of jy sonder baba en hakskoene, en sonder adrenalien of druk, weer daardie boom kon bestyg? 😁

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.