Die kinders het ons vanoggend by die kerk gekry. En toe ons wil ry, wil kleinseun saam met ons ry.
Maar, mamma word aan die hand getrek, sy moet saam. So klim hulle aan die een kant agter in en ek natuurlik aan die ander kant. Met kleinseun in die middel.
En toe laat hy my weer skater van die lag.
Daar was ‘n rooi karretjie aan sy kant geparkeer, ek was so besig om te kyk en te praat dat ek niks gehoor het wat by die karretjie aangaan nie. Maar hy het alles gehoor!
“Ouma die rooi karretjie se enjin sukkel” sê hy.
Ek herhaal om seker te maak ek het reg gehoor, want dit is nou nie wat ek verwag het hy gaan sê nie.
En toe herhaal hy en vervolg: “Ja, dit maak so hmmmmmm, hmmmmm en hy druk dit so uit.
Ai tog, ek geniet die kind so baie. Wens ek was nogso oplettend – dat alles om my iets is om te vertel.
Vandat ek so op my eie deur die lewe gaan hoor en sien ek baie klein dingetjies om my wat by baie mense net verby gaan. Die kleintjies is baie oplettend.
LikeLiked by 1 person
Dit is, hulle is so oplettend. En ja, vriendin, ek kan dit verstaan.
LikeLiked by 1 person
Veral as hulle sê wat hulle hoor en sien, lag ek lekker. Hulle manier van beskryf is so nuut en raak! Dankie vir die deel. Ons moet hierdie kosbaarhede met mekaar deel. Klein kindertjies is so komieklik!
LikeLiked by 1 person
Ons moet, jy moet weer blog.
LikeLike
Ek wil graag. Baie dankie vir die aanmoediging. Skryf is op so baie vlakke baie goed vir my en vir almal! Lekker blog! 🥰
LikeLiked by 1 person
Oe, daardie kleine ogies en oortjies is vreeslik oplettend! Dis wonderlik om te sien hoe hulle alles rondom hulle waarneem … dinge wat ons nie eens meer oplet nie!
LikeLiked by 1 person
Dit is, en as ek so lekker daaroor lag, is ek seker eintlik spyt dat ek te besig raak om te kyk en te luister. Soos kiunders word, dit is presies wat die Here van ons verwag. Dankie vir die saamgesels.
LikeLiked by 1 person
Dis goed as hy so oplettend is. Daai ogies mis niks nie!
LikeLiked by 1 person
Absoluut niks nie. Hy bly vandag by my … so ek gaan baie kan skryf
LikeLike
Wonderlik 🙂
LikeLike