Gepubliseer in Joernaal

22:45 op die pad – manlief se vergissing

Ek het vertel dat ons twee nagte in Colesberg moes oorslaap. Ons waentjie se as het op die N1, 80 km voor Colesberg, gebreek. En ons moes die nuwe as in Bloem gaan haal.

Ek het tye uitgewerk en besluit manlief gaan die pad kus toe wil vat as die waentjie teen vieruur klaar is. Dit was nou Sondag vieruur. Dus het ek gereël dat ons nog ‘n nag by Hartklop oorslaap. En dat manlief Saterdagaand al daarvoor betaal.

Ons is eers na sewe Sondagaand in die bed, gereed om genoeg te slaap dat ons teen 3-uur die pad kan vat. Dit het gevoel of ek nog skaars aand die slaap geraak het toe manlief aan my vat om my wakker te maak.

Dit was volgens hom half drie, ons kan net sowel in die pad val …

Ek is deur die blare op, maar na stort was ek gereed vir die pad. Nog voor “drie” is ek reg dat ons ry. Ons het “die vorige nag” die bakkie gepak, net een sak, ons en die woewe moes nog gelaai word.

Toe ek my foon uit sy laaier haal, en die laaier in my sak pak, vang die lewensgrootte tyd my oog.

22:45

Ek kyk weer en gryp my bril, maar dit is 22:45, kwart voor 11, en nie twee-uur die volgende oggend nie. Manlief kyk en kyk ook weer.

Ek vra of ons nie maar net so met klere moet verder slaap nie, maar manlief sê hy is, met slegs drie ure se slaap, uitgeslaap.

Dit voel vir my of hy so uitgeslape was om my te oortuig dat dit vier ure later is. Maar, hy ontken. Dus gaan ek maar vir hom die voordeel van die twyfel gee.

Jy kan seker raai dat ek onseker was of ons die nag moet in met ‘n waentjie wat so pas ‘n nuwe as gekry het. Veral omdat die pad na Middelburg baie, baie stil is. Met piepklein dorpies:

Middelburg

Graaff-Reinette

Aberdeen

Willowore

Uniondale

Die naaste groot dorp is ver.

George

En voor ons daar kom (George) moet ons eers deur ‘n pas afsak seevlak toe. En dan is dit verder suid, Mosselbaai en meer.

By die garage in Colesberg het hy wiele gepomp, en ek koffie gekoop. Drie ure slaap is nie genoeg vir my nie. Manlief kry ‘n koppie sterk koffie.

My oë wil nie oop bly nie, dus luister ek ‘n die walgboek: Die Verevrou om wakker te bly.

Op Willowmore moet ons volmaak, George kan (dalk) gehaal word, maar manlief ry nie meer op govermentspetrol nie. Hy maak vol sodra die tenk kwart raak. Daardie stappie na die garage in Graaff-Reinette steeds in sy gedagtes.

Daar koop ons masjien koffie by die Engen garage in die hoofstraat. Hoe lekker was dit nie toe ons teen drie-uur of vieruur daar stop nie. Stomende koffie by ‘n piepklein garage. Die hotel is nog donker, geen rus of kos daar nie.

Ons het weer by die garage op die N2 net na Mosselbaai gestop en bene gerek. Dit was so effens te koud en te vroeg vir ontbyt.

Ons het nie padkos gepak nie, sou stop en lekker eet by een van die klein dorpies … wat toe onmoontlik was.

Sewe-uur stop ons voor ons huis, nog voor die son sy kop uitsteek.

Ons sou sewe-uur se kant waarskynlik iewers tussen Middelburg en Willowmore gewees het.

Waarom het ek nie geslaap nie?

Jy het reg geraai, ek het die waentjie nog nie so lekker vertrou nie. Manlief moes ook voor ons die pas aangedurf het, gaan toets of die wiele nog vas is. Daarbinne wil ek nie ons Saterdag petalje herleef nie.

Nie in die donkerte en koue nie.

Nie lank voor mense wat kan help wakker word nie …

Die slaap bly nou natuurlik weg … te veel koffie in om aan die slaap te raak.

En nou gaan ek weer probeer slaap.

Twaalfuur op ‘n Maandagoggend.

Hoe dan anders?

Dit sous buite …

Ons het aangekom voor die reën oor die see aangekom het.

Hooffoto: Reën kom oor die see aan, wat my so aan ‘n foto uit my Kazakstan dae in Almaty laat dink.

Ek moet gou gaan soek. Aha! hier is dit, ek jet blog daaroor in Junie 2020 geskryf, toe ons nog vasgevang was en nie die land kon verlaat nie.

Vallende reën in verte teen sonsondergang. Geneem vanuit ons hemelhoë woonstel in Almaty, naby die Dostyk winkelsentrum

Wat ‘n genade!

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “22:45 op die pad – manlief se vergissing

    1. Dankie, hoor, ons was alte bly om so vroeg hier te wees. Maar, ai, ek het gesukkel met my oë, hulle wou nie oop bly nie. Toe luister ek na daardie boek – en is hulle oopgeskok. Raai wat? Toe ons so vroeg en donker in Uniondale se omgewing was, het ek nogal die pad vir swewendes bespied …

      Liked by 1 person

          1. Gelukkig … sover ek kan onthou … is die meisie van Uniondale net oor Paasnaweke daar rond 😀. Maar jy’s reg, die honde sou seker maak geen ongewenste persone klim in nie!

            Liked by 1 person

  1. Ons het elke jaar 24 Des van Saolburg na Struibasi gery dwasdeur die nag. Daardie warm koffie so 3vm se kant wat heerlik. Destyds was dit n ou man by n feurnav garage op phillipolis wat dit altyd vir ons gemaak het. Jare lank en as ons kaat is, sê hy hy was al bekommerd oor die Sasolkar.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.