Gepubliseer in Joernaal

Onverwagte twee slapies in Colesberg

Ek dink Colesberg het ons teruggekry, verplig om bietjie in die Karoo oor te slaap.

Gewoonlik woerts on deur hierdie klein dorpie waar ons van die N1 afdraai op die N9 om die pad kus toe te vat. Eintlik nie deur die dorpie nie, ons vat die vlieënde piering wat ons sommer net van die een hoofweg op die ander een gooi.

Die dorp is eerder soort van ons middelpunt van die reis vir die dag. Of die laataand stop en vroegoggend vertrek as ons die reis oor twee dae doen. Baie keer slaap ons eerders in Bloem of Middelburg, afhangende van hoe laat ons by die beginpunt kan wegtrek.

Ons het ook al by twee oulike plekke in die dorp oorgeslaap wat hondvriendelik is. Gisternag die derde een ontdek, teen wil en dank. Of liewer, anders as war ons beplan het.

Gelukkig betaal ons nie dubbeld vir die twee nagte nie want ons eindbestemming by die see is darem ons eie huis. Want, ons slaap vrywillig verplig twee aande in Colesberg oor.

Die sleepwaentjie se as is beskikbaar, maar in Bloemfontein, 250 of meer km van hier af. Ons gaan vanoggend dus terug op die besige pad tussen Colesberg en Bloem, laai op en kom terug. Die eienaar van die plek, is eers 12 uur daar. Dus moet ons so ry dat ons dot 12 uur oplaai, om naby 3 eers terug te wees. Te laat om die reis te hervat aangesien die as dan eers aan die waentjie vasgeheg word.

En ons gaan die man beslis nie aanjaag met daardie taak nie ….

Nie op ‘n pad wat deur bergpaste gaan om af te daal na die see toe nie. Daarvoor is nie een van ons twee mal genoeg nie.

Ons het ons skrik weg.

‘n Wiel wat in die pas afhol gaan nie maklik ingehaal kan word nie …

Iedergeval, ons het berusting gevind. Eintlik al vandag die wiel die pad gevat het.

Niks jaag ons nie, ons is in totale oorgawe n die Here se genade. Want glo my, niks anders maak sin nie. Ons is gered van ‘n baie groot ongeluk op die N1. Teen die spoed wat trokke op daardie deel van die pad jaag, en hoe naby aan mekaar hulle jaag, sou ons kar en waentjie vertrap gewees het voordat ‘n trok kon stop.

Ek wil nie eens daaraan dink nie.

Ons het nie baie lekker geslaap nie, die woewe was onrustig en wou die hele tyd uit in die nag. Maar, ons het lank geslaap, van 7 tot 7. Omdat ons weet dat vandag nog 5 tot 7 ure op die pad van ons vereis.

Dit is nogals koud in die Karoo as die son sy kop gaan wegsteek. Maar, die beddegoed is knus. My kop het met die hele nag koud gekry. Eers vanoggend daaraan gedink dat ek die een kombers oor my en manlief se koppe kan vou om die koue weg te vat.

My kop het laas so koud in Kazakhstan in die winter gekry. In die woonstel in Almaty. Van ‘n eienaar wat die warmwaterverhitting in die guns van elektriese verkoeler/verhitting sisteem vervang het.

Dit werk nie.

Gelukkig is ons voor die winter sy tande ingeslaan het uit die std weg. Ek weet nie hoe ons dit sou oorleef het in daardie woonstel nie.

Iedergeval, ek wou die dorpie, wat blykbaar nie stopstrate of robotte het nie, vandag verken. Nou gaan ons die meeste van die tyd op die pad wees. Om ‘n as te gaan haal.

Ek kla nie, ek sê maar net.

Ons reis is onderbreek, gelukkig naby ‘n ou klein dorpie met mense wat bereid is om die sleepwaentjie op ‘n Sondag reg te maak.

Volgens die eienaar is sy werk vergelykbaar met die van ‘n h*** (straatvrou). Hulle werk begin eers as die son sak …

Wel, anders as in die geval van straatvroue, is hulle werk noodsaaklik vir reisigers op lang paaie.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

13 gedagtes oor “Onverwagte twee slapies in Colesberg

  1. Ek hoop teen hierdie tyd is julle nou weer terug in Colesberg en die waentjie al reg. Is dit nie wonderlik dat die man julle op ‘n Sondag help nie – goeie mense in die kleiner dorpe, dis verseker. Veilige rit see toe!

    Liked by 1 person

  2. Vir ‘n vinnige wegbreek, het ek en Anthonie Colesberg toe gery en 2 nagte in ‘n gastehuis op die koppie agter die NG kerk geslaap. Almal is verbaas… maar lekker eetplekke, afgedrentel in straat, en eintlik meer winkels as by ons. Lekker stop.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.