Vanoggend se stukkie oor die sewe dinge wat vreugde steel, is bekommernis. En o my genade, hoe maklik gee ek my nie daaraan oor nie?

Opkomende gebeurtenisse, ja, ja, soos Toortsie sal sê. Ja! Ek bekommer my nou al oor my kersete, want die huidige formaat werk net nie. Gisteraand toe ek daaroor gesels, wil manlief weet, waarom pla dit jou nou al. O my genade, kyk. Die afgelope twee jaar was ‘n buitestaander vir ‘n gedeelte van die spyskaart verantwoordelik. En toe gebeur dit net nie. Van nous af trek ek die spyskaart op en koop ons alles. Diegene wat daar is, kan help bak en brou. As iets fout gaan, kan ek net nie weer – soos die afgelope twee kersfeeste – soos ‘n malkophoender voel nie. By die rivier was die dorp te ver om te gaan koop, by die see is die hele dorp gesluit op kersdag. Nee wat, ek is ‘n pragmatis, ek los die probleem eerder op as om my die hele dag te bekommer oor gedane sake.
Finansiële spanning. Ja, ja, ja. Ek stres my op omdat my een hoofstuk se geld nou nog nie inbetaall is nie. Reeds meer as ses maande laat. Weereens los ek die probleem maklik op. Ek sal nie weer hoofstukke skryf nie, die finansiële kommer wat dit bring as geld nie inbetaal word nie, skrik my heeltemal daarvan af, Ek sal natuurlik steeds skryf as ek wil, maar mie vir erkenning indien nie en geld indien nie. Dan is die probleem mos opgelos?
‘n Stram verhouding? Genugtig, daarvan het ek ‘n hele paar. Een daarvan is mense wat hulle WhatsApps so stel dat ander nie kan sien dat hulle boodskappe gelees is nie. Dan stres ek my na ‘n ruk op as ek nie antwoord kry nie. Bel die een en die ander een en nog een en as ek steeds nie antwoord kry nie, bel ek die bure of selfs die polisie om te gaan kyk of alles reg is op die plaas. Nou weet ek van beter. Die boodskappe word gelees, die persone wil net nie hê ek moet kan sien dat dit gelees is nie. Tans stuur ek ‘n boodskap en vergeet daarvan. Ek sal wel ingelig word as daar fout is … Ek kan my net nie langer so bekommer as ek mense nie in die hande kry nie. Dit maak my oud voor my tyd.
Frustrerende werk? Nee wat, my werk frustreer my nie. Ek skryf en stuur in en bekommer my nie oor die resultate nie. O gaats, hoe jok en nou! Ek bekommer my wel, sommer baie. My finansies hang daarvan af!
Gits, ek gee my hart heeltemal te veel werk!
So, wat moet mens dan volgens die skrywer van die leesplan doen?

Vele dinge waaraan ek kan werk. Dalk kan ek weer ‘n dankbaarheidjoernaal hou? Daar is soveel dinge om voor dankbaar te wees.
Ook ten opsigte van elkeen van die kommernisse wat ek bo genoem het, het ek soveel om voor dankbaar te wees. Dankbaar dat Shilo steeds wil leef, steeds wil opstaan en stap. Ek vrees die dag … sien … ek en kommer is soos boude … Ek glo tog die Here is in beheer, alles gebeure binne sy Plan vir my en ons.
Ek moet net leer om die wonderpil te veel te drink. Tot kommer verdwyn …
Hoe lank neem dit nou weer om ‘n nuwe gewoonte aan te leer? 21 dae?
Vandat ek baie klein was, het my ma altyd gese: “Bekommernis gaan jou nerens bring nie” … en tot vandag toe is dit een van die lewenslesse wat ek onthou en probeer toepas. Ek het ‘n dankbaarheidsjoernaal – soms skryf ek sommer lekker baie goed vir die dag neer en ander kere net een … maar dit help beslis om elke dag dankbaar te wees vir iets (vanoggend is ek bv bly dat my bene nie meer so seer is na Saterdag se stap teen ‘n berg uit nie 😉)! Dankie vir die herinnering van hierdie goue lesse!
LikeLiked by 1 person
Ag dankie, en dankie vir die dankaarheidjoernaal ek moet dit doen
LikeLiked by 1 person
Dit is moeilik om bekommernisse te laat vaar, maar ek probeer.
LikeLiked by 1 person
Dit is, dit voel vir my of net ek aan die probleme dink, maar ek sien goed wat nooit eens gebeur het nie, dan het ek mos verniet bekommerd geraak?
LikeLiked by 1 person
Ja nee, daardie bekommerd wees is ‘n euwel en tog raak mens nie sommer daarvan ontslae nie. Dit duik telkens weer op.
LikeLiked by 1 person
Jy verstaan vriendin, en dit is asof dit meer raak soos ek ouer raak? dalk is ek nie besig genoeg nie?
LikeLike
Met ouer word het mens meer bekommernisse wat ‘n mens jouself mee pynig. Besig wees help darem baie.
LikeLiked by 1 person
Amen, besig wees help baie.
LikeLike
Beslis. Dis hoekom mens jou oë en ore moet oophou vir nuwe uitdagings.
LikeLiked by 1 person
Ons weet maar vergeet. Ek stel myself baie in daarop om dankbaar te wees. Vir klein dingetjies, veral.
LikeLiked by 1 person
Ek moet dit meer doen.
LikeLike
Ek onthou die dag toe my moedelose mammie vir my gese het: “My kind, jy het nou al ‘n hele kring grynsende bobbejane rondom jou…” Elke keer as ek my wil begin bekommer, onthou ek daardie sagte teregwysing van haar – moenie die bobbejaan agter die berg gaan haal nie!
LikeLiked by 1 person
Ai Frannie, ek doen dit gereeld. Te veel. Vir my voel dit dom om nie alles in ag te neem nie. My man sê weer ek bekommer my te veel oor goed wat toe nooit gebeur het nie ….
LikeLiked by 1 person
Ooh ja DHET is laat die jaar 🙈
LikeLiked by 1 person
Genugtig, dit is baie erg. Met hoofstukke. Die artikel is uitbetaal, die hoofstuk nie. Het jy dalk idee van wanneer mens kan verwag?
LikeLiked by 1 person