Gepubliseer in Joernaal

7 dinge wat jou vreugde steel …

Ek is besig om hierdie leesplan te volg op my Bybeltoep. Dit is die lekker van die toep, dit is altyd waar ek is omdat my ipad of foon altyd by my is …

Daarmee bedoel ek as ek weggaan van die huis af. Soos die naweek by die rivier.

Een van die dinge wat mens se vreugde steel, is blykbaar om die hele tyd besig te wees. Ek heg die stukkie daaroor aan.

Ek wonder hoeveel van ons daaraan skuldig maak? Ek kan aan verskeie manier dink waarop sosiale medie my so besig hou:

* As stigter van ‘n groep van 20 000 plus onderwysers op Facebook, naamlik RSA Onderwysers, moet ek besig wees met die admin van die groep. Ek het egter afgeskaal en doen dit slegs soggens, net een keer per dag. Ek het die groep ook geleer om poste beskikbaar self onder ‘n spesifieke plasing te plaas – weet jy hoeveel tyd net die een leerskool my en my tweeander admins spaar? Ek lees ook glad nie die kommentare van die onderwysers op ander se plasings nie – en ook net die eerste paar op plasings wat ek skep. Ek kan nie my dag gratis aan ander afstaan nie. ‘n Uur per dag doen ek met liefde – om my passie uit te leef.

* Ek het myself van Facebook gespeen. Ek moes net altyd lees, net altyd deel. As ons op ‘n vliegtuig klim, het ek gedeel. En wat het ek in die proses gekry? Vreemdes weet heeltemal te veel oor my, veral omdat ek baie toelaat om my vriend te word. Maar dit is nie die ergste nie. Facebook weet heeltemal te veel van my. En verpes my met advertensies oor plekke waar ek is. Ag nee wat, my lewe is aangenaam sonder Facebook.

* Ek gaan selde na LinkedIn, en ander meer professionele toeps. Ek het nie tyd om daar te lees wat almal doen nie, maar veral nie om elke een dan geluk te wens met ‘n rol of pos nie, maar genugtig – veral nie met ‘n verjaarsdag nie. Nie as ek die mens van geen kant ken nie.

Maar, ek is wel agter my skerm as ek kon rus. Besig om Jamtzy of Uno of iets te speel om my aandag van my artikel af te trek. Anders draal dit in my gemoed en rus ek ook nie. Ek kan nie vir een oomblik glo dat dit goed vir my is nie …

Die skrywer van die leesplan het natuurlik ook raad teen die besig wees …

Ek mis dit dat mense my in die oë kyk as ek by hulle is om met my te gesels. Hulle is altyd op hulle fone, ek steur sowaar as ek praat. Dit is een ding watt my pa en ma nie doen nie, dalk omdat hulle na geselskap verlang? Of dalk omdat hulle sonder sulke gevorderde fone grootgeword het? Iedergeval, dit is lekker om by hulle te kuier, hulle luister na my en kyk vir my as ons gesels.

Ek oefen nogal om nee te sê, die Desember vakansie het my laat besef dat mens nie ja moet sê as nee die regte antwoord is nie. Ek sê ook vanjaar nee vir kritiese leeswerk waarvoor ek nie ‘n inkomste kry nie. Dit neem ure van my tyd, en daardie vaktydskrifte vra geld van skrywers as hulle artikels aanvaar word om gepubliseer te word! Ag nee wat, ek doen dit nie weer nie …

Ek gaan ook meer nee sê vir dinge wat my vreugde steel as ek ja gesê het. As dit nie vreugde verskaf nie, gaan ek dit nie weer doen nie. So eenvoudig soos dit.

Want … hierdie leesstuk het my vandag weereens laat besef. Om dinge te doen net omdat dit van my verwag word, maar wat nie vreugde verskaf nie, steel my vreugde. Ek het nog nie so daaraan gedink nie.

Dan eerder net vriendelik van die hand wys eerder as om daarna te voel dat my vreugde gesteel is …

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

9 gedagtes oor “7 dinge wat jou vreugde steel …

      1. Ag ek tik en nou is dit weg… Ek het ook altyd ja gese en ingestem, toe kom klop TN aan my deur, ek moes aanpassings maak, ek moes leer om nee te se, dit was nie maklik nie, gesondheid laat hom nie voorskryf nie. Pa jouself op

        Liked by 2 people

  1. Nadat ons die Camino in Spanje gestap het … en vir ‘n maand sonder enige tegnologie geleef het, het ons agter gekom dis eintlik maklik (net ek het ‘n foon gehad en die kon net bel). Ons maak ‘n bewuste besluit oor naweke om vir lang periodes weg te kom van die rekenaar/tablet/foon af … dan gaan ons stap, gaan drink erens koffie en gesels met mekaar, speel bord speletjies of lees. Ek se natuurlik nie daarmee ons moet heeltemal sonder dit wees nie, maar dis belangrik om ‘n balans te he … en om nee te se sonder om skuldig te voel is ‘n goeie begin!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Aletta - nowathome Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.