Gepubliseer in Joernaal,Resensies

Luisterboek: Pienk is nie vir sissies nie

Blogvriending Toortsie vertel nou die dag van die luisterboeke wat sy lees. En so onthou ek een van my ou lekkertes … om na Netwerk24 se luisterboeke te luister.

Ek wou al verlede week maand vertel dat ek begin luister het, maar dit het uitgewaai. Sal netnou van die vorige maande se boek vertel.

Ek het vanoggend op pad rivier toe my iPods ingesit en begin luister na die nuutste luisterboek, Pienk is nie vir sissies nie.

Dit is geskryf deur ‘n deurwinterde skryfster, Christien Neser. Ek is baie beïndruk met hoe sy bergfietsry en ballet in een storie vwrweef, haar kennis van beide.

Elke hoofstuk begin met ‘n aanhaling van ‘n bekende bergfietser, gepas by die hoofkarakter meisie wat ‘n waaghalsige bergfietsryer is. Vinnig soos blits sit sy haar broer en sy vriende ore aan, totdat sy die een dag op die roete wreed aangeval word.

Dit het verreikende gevolge vir haar, en ek is verstom oor hoe sy die verskriklike terugslag leer verwerk, met behulp van ‘n vriend se insig en ballet.

Natuurlik trek beide my.

Ek en manlief het so twee jaar lank aan wedrenne deelgeneem, ons was verslaaf daaraan. Die vroeg opstaan, die rit na die baan wat deur een of ander malle opgestel is, die nie-weet wat vir my wag nie, die sukkl deur moeilike dele omdat ek eerder afklim en stoot as om te waag om te val. En dan, soos een van die aanhalings ook aandui – die wenstreep.

Vir my was die wenstreek anders as vir die persoon wie se aanhaling gebruik is. En het niks gehou van die drukgang waar mens inry – soms baie lank – met mense om diekante daarvan nie. Ek het nie van die aandag gehou nie, nie van die opmerkings en aanmoedigings nie.

Daar wou ek net deurkom om van die fiets af te kllim om my medalje te ontvang. En dan die pyn van die spiere wat weer oorwerk is – so dag of drie lank. Teen die tyd wat mens vir die volgende een inskryf, het jy al van daardie pyn vergeet … en sien jy weer uit na die resies.

Iedergeval, ek wil nie veel uitlap nie, veral nie omdat dit blykbaar ‘n voorgeskrewe boek is nie.

As jy graag wil luister, kan jy na Ndetwerk24 se toep toe gaan, luisterboek in die soekblokkie intik en dan na die boek luister.

Die voorleser is werklik briljant, sy het my aandag gehou en toe ek weer sien, het ek die boek deurgedraf terwyl ek ‘n trui vir myself begin brei het.

Daarvan sal ek ook nog vertel. my ou gier herontdek. Om te brei …

Doen jouself die guns om hierdie tienerboek te lees, of dan as jy kan eerder daarna te luister.

Dit laat my sommer na my Afrikaansjuffrou dae verlang.

Ek kon reeds dele identifiseer wat ek nie self sou lees nie, maar wat ek ook net aan jy beste leser in die klas sou toevertrou. Self sal ek dit nie kan lees nie omdat ek in trane was terwyl ek gelees het.

En ek weet sommer my leerders sou ook huil, of trane wegsteek.

Die boek is briljant geskryf en ek sien beslis uit om meer van hierdie vrou se boeke te lees … ek sien daar is smooermbaie om van te kies.

En ek kry sommer skaam. Waarom lees ek haar nou eers raak?

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

11 gedagtes oor “Luisterboek: Pienk is nie vir sissies nie

  1. Dit klink na iets wat ek kan doen. Ek luister potgooie, die nuutste gier is Mevrou Mevrou….Gerda de Souza en Diane Broodryk van JacarandaFM is al jare lank vriendinne en hulle gesels een keer per week oor enige iets. Ek leer allerhande goed soos dat growwe sout en koeksoda by n bondel wasgoed maak dat klere nie kreukel nie. Ek lê soos ek lag vir hulle “sê dit soos dit is” veral die episode oor die potholes. Wat dit lekker maak om na iets te luister is dat jy jou hande kan besig hou…soos met brei. Wat ek ook nou weer begin het. Dankie vir die inligting…ek gaan dit beslis doen!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.