Gepubliseer in Reisjoernaal

Die sneeuweergawe van Hansie en Grietjie

Eendag lank, lank gelede was daar ‘n man en sy vrou wat hulle deur die sprokiesagtigheid van ‘n sneeuland laat lok het om vir ‘n rukkie daar te gaan woon en werk. Om dit te kon doen, moes hulle hulle kinders, kleinkinders, huis, hondekinders, vriende en taal in hulle sonnige land agterlaat.

Hulle het geweet dat die mense in die sneeuland ‘n ander taal praat, maar hulle het dit nie verstaan nie. Hulle het ook geweet dat die mense van die sneeuland hulle – op die koop toe – nie sou verstaan nie.

Dit was ‘n baie moeilike besluit.

Hansie en Grietjie was baie lief vir hulle kinders, kleinkinders en woewe. Grietjie was ook baie lief vir haar troeteldiere.

En … die sneeuland was baie ver van die sonland af. Hulle moes twee dae lank per vliegtuig reis om in die stad te kom waar hulle sou woon. Die besluit is makliker gemaak omdat dit ‘n kort kontrak was. As dit moes, kon hulle binne twee dae tussen die sonland en die sneeuland reis omdat vliegtuie hulle woerts warts oor tienduisend kilometer kon vervoer.

Net wanneer hulle wou. En hulle wou gereeld na die sonland terugkeer. Omdat hulle naby hulle hartsmense moes wees.

Sprokieswêrelde het egter altyd ‘n heks, ‘n bedrieër, en vele ander karakters wat die pret uit die sprokie haal. In hierdie aanlynvervolgverhaal vertel ‘n groep vroue, wat hulself as die goue vroue omskryf omdat hulle ‘n stukkie goud in elkeen raakgesien het, die grootmensweergawe van Hansie en Grietjie.

As jy dus wil weet wat met Hansie en Grietjie gebeur het, mot jy gereld na hierdie skakel gaan om nuwe hoofstukke te lees.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.