Kyk, die eerste Spoorloos reeks het my hartklop versnel terwyl ek dit gevolg het. Sy opvolgreeks het my hart ook te vinnig laat klop. Net soos Spoorloos Reeks 3. Maar sjoe, Spoorloos reeks 4 is sulke spanningsvolle kykgenot dat dit dalk my gunsteliong kan word.
Spoorloos 4 handel oor ‘n getroude vrou wat spoorloos verdwyn nadat sy voorheen ook spoorloos verdwyn het. Die keer word ‘n ou (Bobby van Jaarsveld) wat voorheen op haar verlief was vir haar verdwyning verdink.e
Hy het haar jare later toevallig langs die pad raakgeloop toe hy by haar gestop het om haar te help nadat haar motor op ‘n verlate pad onklaar geraak het. En so word hy in ‘n web van bedrog ingetrek, van moord beskuldig en vlug hy voor die gereg in ‘n poging om sy onskuld te bewys.
So terloops, as ek nie soveel ouer as Bobby was nie, sou daardie skewe glimlag van hom my kniegies lam gemaak het. Nou geniet ek net sy toneelspel en ek dink werklik die man moet meer dramatiese rolle kry. Hy is regtig baie goed in hierdie rol.
Kyk jy?
Ek wil nie te veel weggee nie omdat ek aanneem dat ek lesers dalk gaan oortuig om die reeks te kyk.
Hier is die lys van spelers:
Reeks 4
- Bobby van Jaarsveld as Stefan Claassen
- Izel Bezuidenhout as Emma Eloff
- Armand Aucamp as Lucas Eloff
- Tiaan Slabbert as Phillip Naudé
- Leché Joubert
- Deon Coetzee as Freek Lambrecht
- Hannes van Wyk
- Marisa Drummond as Cobie Lambrecht
- Robyn Rossouw as Belinda Paige
- Ilse Klink as Melanie Paige
- Brendan Daniels as George Paige
- Esmeralda Bihl as Sylvia September
- Donovan Pietersen as Darryl September
‘n Hele paar gesoute akteurs en aktrises. Jy kan gerus na die lusmaker video by hierdie skakel kyk:
Wat dink jy van Spoorloos 4?
Ek kan dit aanbeveel. Mens weet nie presies wat aangaan nie, verdink elke keer iemand anders. Goeie kykstof!
You romantic you!
LikeLiked by 1 person
I believe in love, rather watch romantic movies than action movies.
LikeLike
Ek gaan beslis kyk. Het die ander ook gevolg. Dankie vir die laat weet!
LikeLiked by 1 person
Woordnoot, dit is absoluut die moeite werd. Ek sit op die punt van my stoep elke week.
LikeLike
Ek mis nie ‘n enkele episode nie.
LikeLiked by 1 person
Ek is so bly om dit te hoor. Hoe is Bobby vir jou? Ek wil hom net drukkie en vertel alles gaan ok wees …
LikeLike
Ek kyk… en ek hou van!
LikeLiked by 1 person
Sommer baie, ekke ook
LikeLiked by 1 person