Ek luister vandag op pad om my Tiguan by die garage te gaan haal na haar diens – of was dit nou toe ek haar gaan aflaai het – na RSG. En toe slaan die aanbiedster my totaal dronk.
Volgens haar het Walt Disney miljoene der miljoene meisies se drome verwoes …
Was dit nou seuns, dan het ek gedink dat dit – wat onlangs onder my aandag gebring is – waar is. Want daar kan afgelei word dat Walt Disney se flieks ‘n frontmaatskappy is vir sy onheilighede. Soos wat die oulike mannetjie eetgerei ‘n frontmaarskappy vir onheilighede was. Tog het ek nog te min kennis oor die saak om ‘n uitspraak daaroor te maak.
Maar ek het aandag geskenk aan die stelling.
Hoe de ongeluk kom sy daarby uit?
En toe is ek verstom!
Sy beskuldig die man daarvan dat hy mense se drome verwoes het omdat jong meisies op grond van sy flieks geglo het dat mens vir altyd gelukkig gaan wees as jy getroud is …
En toe word hulle drome verwoes toe hulle trou en agterkom trou is nie altydmaanskyn en rose nie.
Toe roep hulle halt en skei. En dit is alles sy skuld. Hy het hulle drome verwoes!
Nou ja toe.
Die meisies het natuurlik in ‘n borrel grootgeword. Was deel van ‘n eksperiment. Hulle het heeldag voor die TV gesit en na sy flieks gekyk.
Nie in ouerhuise groot geword waar ma en pa soms verskil nie. Dalk selfs meer as soms nie. Waar hulle dalk selfs soms naby aan tou opgooi gekom het. Hulle beleefde ervarings in hulle ouerhuise het geen impak op hulle idee van ‘n idiliese huwelik gehad nie. Hulle eie verhoudings voor hulle getrou het, het geen voorspelling gegee oor hoe dit na die troue gaan wees nie.
Na my mening is daar honderde faktore wat ‘n invloed op skei of bly uitoefen. En word oom Disney heeltemal te veel erkenning gegee vir sy aandeel daarin.
In my eie geval het ek al ‘n keer of twee oorweeg om sommer net weg te loop. Om iewers alleen te bly en net so klein bietjie tyd vir my eie behoeftes te skep. Soos om in vrede aan ‘n artikel te werk, sonder om die hele tyd onderbreek te word. Anders as in die geval van sommetjies, is my gedagtegang onderbreek. En sukkel ek om weer daarin te kom as ek eers moes stop en aandag gee aan manlief se behoeftes. En hy verstaan dit glad nie …
Maar … ek kies hom elke keer as my lewens maat, my bondgenoot, die mens saam met wie ek my laaste dae op die aarde wil verwyl. Die pa van my kinders. Die enigste mens wat ek met my kinders se welstand vertrou. En my eie.
En hy kies my elke keer. Daarom kan ons deur moeilike tye werk. Daarom kan ons sakke sout saam opeet. Daarom is ons steeds getroud.
So, nou wonder ek.
Hoe gebreek was die meisies se harte toe hulle agterkom Donald Duck kan nie regtig praat nie?
Hulle harte was nie gebreek nie.
Want hulle het geweet dit is net ‘n storie, ‘n tekenprent. Hulle honde kan nie praat nie, dit sien hulle die hele tyd. Hulle leef nie in ‘n borrel nie. Die lewe gebeur om hulle.
Ek wonder hoeveel mense het met haar saamgestem terwyl hulle luister. En hoeveel het gesit en lag vir die belaglikste versinsel waarna ek die afgelope ruk moes luister.
Dit is sulke tye wat ek my speellys op my slimfoon gebruik en eerder na musiek luister as na die kaf wat vir die waarheid verkoop word. Op RSG, wat my gunsteling luisterstasie is.
So van kaf gepraat. Ek was lank versigtig om die woord te gebruik.
So sê ek op ‘n dag vir ‘n Engelse kinders in my Afrikaanse Tweede Taal klas dat hy kaf praat.
En kyk ‘n hele klas my geskok aan. Party baie meer as ander.
Ek het stilgebly en gevra wat die probleem is.
En toe moet ek hoor dat hulle nie gedink het dat ek so sal vloek nie.
En lag ek alte lekker.
Hulle het die dubbel K middel A woord gehoor. En dit is natuurlik rede om geskok in hulle juffrou te wees.
So het hulle per ongeluk ‘n nuwe woord in die klas gehoor. En ek dink die woord gaan vir altyd onthou word. Want, elke keer as ek dit sê, gaan my gedagtes seker 20 jaar terug. Na daardie oomblik in my Afrikaanse klas.
Dit is natuurlik my eie mening. Hoe voel jy oor die stelling?
Daar is soveel redes om te skei. ‘n Man wat jou afkraak, verneder, slaan. So ‘n man verdien nie ‘n vrou se liefde nie. Maar daar is ook soveel redes om getroud te bly. As mens die insig het dat ‘n huwelik nie altyd maanskyn en rose is nie.
Dat mens aan die verhouding moet werk.
Want anders is daar na die wittebroodfase niks nie. En ‘n hol dop kan nie in stand gehou word nie. Sodra daar druk op geplaas word, word dit in mekaar gedruk. Verkrummel dit. En word dit onmoontlik om dit weer te vul. Of is die dop so verweer dat dit nie storms kan weerstaan nie.
Miskien het dit tyd geword om twee sake in die skoolkurrikulum in te bring, naamlik hoe om ‘n kind groot te maak en hoe om ‘n gelukkige verhouding te bou. Dan hoef die wile nie telkemake ontdek te word nie.
Ek kry soms die idee dat vrouens op die verlief wees van verhoudings verlief is. En sodra dit taan, soek hulle nuwe mans vir verlief wees. En dit taan natuurlik weer. Want – verlief wees moet ontwikkel in lief wees vir. En daardie lief wees vir kan storms weerstaan. En daartoe bydra dat twee uiteenlopende mense saam stokoud word.
Ek gebruik altyd my eie ouers as verwysingsraamwerk. Hulle is op 5 September 2022 63 jaar getroud. Daar was woeste storms en ek het soms as kind gewonder of die huwelik gaan hou. Maar, dit het. En die tweetjies is vir my ‘n absolute voorbeeld van vergewe en vergeet. Want die geluk waarin hulle tans leef, is ‘n sprekende voorbeeld van sewe sakke sout opeet.
As mens nie bereid is om die sakke sout op te eet nie, om te vergewe en vergeet omdat jou lewensmaat nie ‘n hemelwese is nie, dan kan jy nie ‘n fliekmaker vir jou ongeluk blameer nie.
Hy verkoop stories, verhale, iets waarheen mens kan streef as dit goed en mooi en reg is. Hy verkoop nie die waarheid nie. Dit is iets wat nuuslesers nie eens regkry nie omdat hulle net verkoop wat aan hulle voorgehou word.
Liewe Christa, Hoe belaglik het ek gedink hulle gaan sê Disney was ‘n pedofiel. Kinders weet wat waar is. Natuurlik was Amerikaanse meisies minder onderskeidingsvermoë. Sommige van sy geanimeerde, eerder baie, film se oorsprong met Grimms broers se Sprokies sodat hy nie daarvoor geblameer kan word nie. Hou vas aan musiek.
LikeLiked by 1 person
Presies Andrew. Ongelukkig is dit moontlik dat hy wel ‘n pedofiel is, maar ek het te min kennis daaroor om ‘n uitspraak te maak. Dit handel oor plesierskepe na een van sy eilande waarop slegs seuns welkom is. Dalk is dit heel onskuldig, dalk is daar iets om oor bekommerd te wees.
LikeLiked by 2 people
Ek het pas die fliek ‘Pleasure island (Pinocchio) gegoogle oor Stout seuns wat na ‘n eiland geneem is waar hulle vermoedelik moet leer om goed te wees. dit gebeur nie, trouens, hulle word erger en erger totdat hulle in donkies verander om sulke Jack van hulself te laat evalueer, wanneer hulle die krag van spraak verloor, word hulle van hul klere gestroop en dan na die vasteland teruggekeer en verkoop om in die myne te werk. Ek is nie seker of dit pedofilie of haat van stout seuns aandui nie.
LikeLiked by 1 person
Daar is ander goed, maar ek sal kyk of ek die skakels kry.
LikeLike
Andrew, I can’t comment on it as I do not have proof. But there are so many rumours about it that I do not want to dismiss it.
LikeLike
I really think you are correct.
LikeLiked by 1 person
That would be a horrible thing, I pressume. If I have the facts that this man should not be trusted with kids.
LikeLiked by 1 person
Jy is reg: hy verkoop stories, dis al. Wat van al die romantiese verhale (in Engels is daar die Mills and Boon reeks) wat gelees word? Partykeer dink ek dit is te maklik om te skei. Al leef jy alleen gaan die lewe nie altyd vlot loop nie. Ons sal in November 49 jaar al getroud wees – daar is baie water onder daardie brug!
LikeLiked by 2 people
Presies Anne, en ons almal het goedvoelstories nodig.
LikeLiked by 1 person
Miskien is die onnosel ou omroeperertjie wat besig is om mense se drome te vernietig. Haar kaf waai wyd….
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan beslis nie hoe sy by die kaf uitkom nie. As mens nie bereid is om aan jou huwelik te werk nie, gaan hy vou.
LikeLike
Christa, ek het daardie selfde gesprek op RSG geluister en net my kop geskud. Hoe kan ‘n mens jou idee van ‘n huwelik (of ewige liefde) grond op sprokies verhale? Kan ‘n mens regtig so naief wees? Ek vertel altyd die storie (of die waarheid dan) van my ma wat vir my op die dag van my huwelik gese het: “Onthou hoe jy gewerk het aan julle verhouding toe julle mekaar maar pas ontmoet het? Nou, daardie harde werk begin vandag in alle erns en jy gaan elke dag aan julle huwelik moet werk as jy wil he dit moet werk.” En ek onthou dit vandag nog … ons is nog nie so lank getroud soos julle nie (26 jaar hierdie jaar), maar ek kan bevestig dat die huwelik nie altyd ‘n sprokies verhaal is nie … maar tog sal ek dit wat ons het vir niks verruil nie! En behoede my, mag Walt Disney (en sy sprokies verhale) tog nooit ‘n maatstaf vir ‘n gelukkige lewe wees nie!
LikeLiked by 1 person
Ai, dankie hiervoor. Ek stem saam, liefdesverhale kan nie mens se idee van die huwelik bepaal nie. Baie geluk, doen so voort. Ons is nou 40 jaar getroud en ek stem, mens moet elke dag daaraan werk.
LikeLiked by 1 person
Dalk moet die klomp van wie RSG praat bly wees skei was hulle enigste probleem… Hy het lewens verwoes, beide seuns en meisies. Die hele maatskappy is bekend vir dit en hulle grooming. Dis ‘n rabbit hole waar mens nie wil ingaan nie
LikeLiked by 1 person
Carien, ek hoor daardie selfde ding. En dit is skokkend.
LikeLike