Gepubliseer in Joernaal

Angie watsenaam … het musiek werklik na hierdie laagtepunt gedaal?

Ek volg ‘n blog op WordPress wat my aan nuwe Afrikaans musiek en sangers bekend stel. Ek het nou die dag oor een van die sangeresse geskryf. Vandag wil ek oor ‘n ander een skryf, ek dink net nie sy klassisfiseer as sangeres nie.

Angie watsenaam, ek wil haar van liewer sou gou as moontlik vergeet om nie per ongeluk weer na iets van haar te luister nie.

Die beskrywing van haar goed moes my rooi ligte laat sien het. Ook Seks in Afrikaans, die titel van die snit.

Maar ek klik toe tog op die video om te luister.

Miskien omdat ek die polemiek oor prof Hennie van Coller se standpunt oor Afrikaanse jeugliteratuur in die Rapport gelees het. Eerste keer in jare wat ek Rapport gelees het, ek skat maklik vyftien jaar. Dit is nou nadat hulle Steve Hofmeyer in so mate aangeval het dat mens naar daarvan kan word.

As ‘n joernalis eers sy of haar mening op my probeer afforseer, is ek klaar nie meer lus om dit te lees nie. En Rapport draai nie doekies om wanneer hulle iemand in die visier het nie.

Soos vir Steve Hofmeyr.

En soos vir prof Hennie van Coller.

Iedergeval, die polemiek oor die prof se standpunt het iets belangriks onder my aandag gebring.

En dit is dat ek nie meer sonder meer ‘n boek vir kleinkinders sal koop sonder om dit self deur te lees nie. Want sien, ek stem met my dominee se preek van Sondagoggend saam:

Kinders is op ‘n lewensreis, waar hulle op sekere ouderdomme aan sekere temas blootgestel kan word.

En dat hulle beslis op sekere ouderdomme glad nie vir ander gereed is nie. En oor daardie temas moet hulle verantwoordelike volwassenes besluit.

En hulle moet verstaan dat God ma’s en pa’s op hulle pad gesit het om die lig vir hulle pad te wees.

Wel, oumas en oupas ook – volgens dominee Jaco. En as ouma ‘n boek koop met ‘n tema waarvoor kleinkind nog nie gereed was nie, is ouma ‘n probleem. En nie ‘n lig op hulle paadjies nie.

Dus klik ek op die knoppie om die video te luister, net om dit enkele sekondes later af te skakel. Omdat ek lanklaas in my lewe na iets so platvloers moes luister.

Wat ‘n fout!

Die vrou ken geen perke nie.

Sosiaal Digitaal het my laat besef dat ek nie sonder meer Afrikaanse musiek vir my kleinkinders (of myself) kan aankoop nie.

Ek moet eers self luister.

Hekwag speel.

En niks van Anna sal vir my kleinkinders aangekoop word nie.

Selfs al besef sy later dat sy haar mark lelik onderskat het. Of het sy? Het musiek werklik na daardie vlak gedaal?

Volgens haar is dit onder andere ‘n ode aan vrouens.

Wel, ek weet nie presies wat onder vrou kwalifiseer volgens haar nie. Ek is beslis daarvan uitgesluit. Haar ode staan my nie aan nie. Inteendeel, ek wens ek het nooit begin luister nie.

As sy wil skok, het sy dit reggekry. Maar, mens skok nie met ‘n ode nie. Jy vereer met ‘n ode, en dit kry sy nie reg nie.

Gewoonlik kan mens nie kommentaar lewer nie.

Die keer was die kommentaar knoppie wel beskikbaar.

En daar was net een iets wat ek kon skryf, omdat ek wel van mening was dat daar kommentaar gelewer moet word.

En dit was:

“Laat ek liewer stil bly.”

Sien dit is sowaar kommentaar op die webbladsy, en ek is die enigste een wat kommentaar gelewer het …

Want ek sien nie daarvoor kans om in koerante en media as onnosel en oningelig en die vark in die verhaal gebrandmerk te word oor my siening nie.

Hulle kan dink net wat hulle wil.

Die dotjies namens my voltooi.

Want ek weet net een ding, en dit is dat ek skoon vuil gevoel het omdat ek na die eerste paar lyne van die mompelsing geluister het.

Om die waarheid te skryf, ek wens sy het wel gemompel en die woorde nie so perfek uitgespreek nie.

Ek besluit toe tog om manlief na die eerste lyne te laat luister en hy is geskok. Ek sit af, want ek wil dit nie gehoor het nie. Wou net sy mening kry.

Volgens hom sou dit in ons jeug verban word.

En skielik besef ek:

Ek sou hekwagters vir myself in hierdie geval waardeer het …

En besef ek ook, ek gaan haar van wel deeglik moet onthou. Om ingeligte besluite in die toekoms te maak. Veral as ek heel beïndruk by ‘n kleinkind hoor dat hy na Afrikaanse musiek luister. Van nous af wil ek presies weet watter Afrkaanse “musiek”.

***

Ek deel die skakel nou wel, twee dae later, omdat lesers in die kommentaar genoem het dat hulle sou wou hoor om te wees wat aan tieners voorgehou word …. https://sosiaal.co.za/angie-oeh-stel-sex-in-afrikaans-musiekvideo-bekend/

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

19 gedagtes oor “Angie watsenaam … het musiek werklik na hierdie laagtepunt gedaal?

  1. My seun stuur n boodskap. “Kan ma onthou hoe het ma na die musiek geluister voor ek dit mag geluister het? Ek moes dit vanaand doen en nee sê.” Ek kon glad nie onthou nie maar het lekker gelag. Dis maar die in ding vandag. Ons moet maar die hekwagters wees.

    Liked by 1 person

  2. Dis so asof die calfynistiese Afrikaner te vasgehok was (dans is sonde en ander belaglikhede) en skielik losgelaat is. Nou doen hulle alles wat hulle kan om uit te breek. Vloek en platvloersheid is vir hulle snaaks(vgl casper de Vries). En dit word net al erger. Wat my laat wonder oor die opvoeding wat ouers hulle kinders gee. Want ” anything goes” is alles behalwe “cool”. Wanneer gaan hulle begin terugdraai na ordentlikheid?

    Liked by 1 person

  3. Weet jy, Christa, wat vir my ontstellend maak, is dat as sulke musiek/boeke/flieks verkoop, en selfs goed verkoop omdat dit die inding is, hoe verskriklik siek het ons samelewing nie geword nie? Goed wat nie in ordentlike geselskap genoem sou word nie word nou op elke moontlike platform uitbasuin. Dít maak my hart seer.

    Liked by 1 person

  4. Ek sou graag na die girl wou luister voor ek hierdie kommentaar gee, Die probleem is, ons as ouers is/was nie altyd by as hekwagters nie. Ons kon nie. Daardie lied, kan ek met sekerheid sê, sal via ‘n ander kind by my kind uitkom. Dit is hoe ons dit gedoen het: Ons sou saam met die kids na ‘n TV program of lied of fliek gekyk het, en tydens of na dit ‘n gesinsbespreking gedoen het oor die goed of nie-goed van die aanbieding. Wanneer hul by ‘n maat daarna luister, is dit ou nuus en nie ‘n “luister hier… die ou mense gaan uitfreak” nie. Ons het altyd “gehoop” dat hulle hul standpunt sou stel tussen die maats. Ek weet… daar is perke. Maar die goed pop ORAL op. Ons het geglo aan pro-aktiewe begeleiding.

    Liked by 1 person

      1. Ek wil nie die like sterretjie druk nie, want dis nie ‘n like nie. Dit is aaklig, Christa. Uitdagend, rebels, en gelukkig is haar woordeskat beperk tot die paar sinne… want waarmee sou sy nog uitgekom het. Ja-nee, ek sou vir seker ‘n goeie talk met my kind hieroor gehad het. Deesdae se arme kinders word aan soveel gemors blootgestel.

        Liked by 1 person

  5. Ek wil ook, soos Elsabe, se dat ek dalk eers self wil luister voor ek kommentaar kan lewer … maar na jou gesprek hier, dink ek nie dat ek myself hieraan wil blootstel nie. Dit gaan my verstand te bowe hoe hierdie mense ‘toegelaat’ kan word om die openbare platforms te betree … dalk is dit juis hulle bedoeling om te skok en te walg … hoekom? Nee wat, laat Anna watsenaam maar verby gaan hier by my!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.