Ek het vanoggend van die Breezometer toep vertel. En toe laai vriendinne hom af en laat weet lug by hulle is net so sleg. Brenda vra toe raad oor die twee masjiene en waar ek dit gekoop het.
So hier is al die inligting vir almal wat die lug getoets het ne besluit het dat hulle die lug in hulle huise skoon moet maak.
1) Die Solenco masjien: Model CF8500 Air Purifier

Die masjien, die filter na twee weke, vol swart stof en die swart stof in die water toe ek die voorste filter gou was om te wys hoeveel stof die eerste filter opvang. En dit gaan deur nog filters. Maklik om te vervang, die vervang filters is ook op Takelot beskikbaar.
Ek het die Solenco by Makro in Centurion gekoop. Hulle het ‘n Suid-Afrikaanse webadres, hier is die skakel daarheen. Ek sien hy is opgegradeer en kos heelwat meer. Maar kos selfde op Takealot.

Myne het nie die led skermpie nie en het heelwat minder gekos, ek dink onder R2 000. Mens kan ook by Builders kyk, of op die internet soek as jy die model en naam intik. Voordeel van Takelot is dat jy kan terugstuur as jy ontevrede is, met geen probleme nie.
2) GMC aircon – spesifiek air purifier model: GMC280AP

As jy by GMC self koop, kry jy 5% afslag, die plek is in Centurion naby Food Lovers. Hulle is baie effektief, jy stap en, betaal en stap uit met die masjien. Hier is hulle skakel na die webwerf en ek deel die besonderhede, ek hou daarvan om effektiewe besighede te ondersteun.

Op Takelot is hy op die oomblik teen ‘n afslagprys beskikbaar, maar dit is duurder as by GMC. Die voordeel is dat Takealot hom gratis gaan aflewer, dus moet mens dit opweeg. Ek weet nie of GMC aflewer nie, maar ek vermoed hulle doen. Want hulle is eitnlik eerder soos ‘n pakhuis met kantoor as ‘n winkel. En hulle diens die produkte ook.

Baie dankie vir die inligting
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, ek hoop dit help.
LikeLike