Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Die silwer valke spog oor Klub Mikanos

Gisteraand laai ek foto’s van Facebook af. Ek wil so gou as moontlik geen persoonlike foto’s op hierdie reus gedeel hê nie.

Inteendeel, ek wil graag heeltemal padgee, maar ek het ‘n groep vir onderwysers in 2012 gestig en tans neem 20 000 onderwysers aan die gesprekke deel. Dus voel ek verplig om tog te bly. Dit is my baba. Dit is waaroor my PhD gegaan het. En tog weifel ek, gaan ek al minder daarheen. Gelukkig het ek drie dierbare onderwyseres vriende wat help om die groep te bestuur. En hulle is op die bôl – soos ons in die outyd sou sê.

Maar Facebook kan nie meer my persoonlike foto’s berg nie, hulle het eerds erken dat hulle gesigherkenningtegnologie mense se privaatheid binnedring. En sou dit staak, maar steeds wys FB vir my wie op my foto’s is … en wie ek nog nie gemerk het nie.

Intussen spog ‘n maatskappy die naweek dat hy meer as 500 miljoen foto’s het wat hom in staat stel om bykans elke mens op aarde te identifiseer. Waarom ‘n maatskappy dit wil doen, weet ek nie. Hoe die mag misbruik kan word, wil ek liewer nie dink nie. Nie in die lig van alles wat tans in die wêreld aangaan nie.

Maar, dit is nie waaroor ek wil skryf nie, bloot agtergrond tot waarom ek al my persoonlike foto’s een vir een van FB verwyder. Ek wat eens op ‘n tyd my hele lewe in foto’s gedeel het. Waarom weet ek nie, want ek is eintlik ‘n baie privaat mens. Eintlik dink ek soms dat ek maklik ‘n kluisenaar sal kan word. Dalk is ek ene?

Ek wil eintlik skryf oor die twee foto’s wat ek gisteraand afgelaai het. Dit is in 2010/11 geneem. Omdat blogvriendin Aletta vandag ‘n foto van hierdie vliegtuie geneem het.

Die Silwer Falcons.

Vier loodse wat hulle toertjies oor Klub Mikanos gedoen het toe ons gesin en my ouers een lang naweek Kaap toe is om by Klub Mikanos te gaan uitspan.

Dit was ongelooflik goed en presies en mooi. En hulle het op presiese oomblikke rook of iets uitgelaat wat strepe en sirkels en boë in die lug agtergelaat het.

En ek het net aanhou foto’s neem …

Ek het baie meer, maar gaan eers moet gaan soek omdat hulle nie so maklik in my biblioteek opgespoor word nie.

Hierdie twee was egter spesiaal genoeg dat ek dit wel op FB gedeel het, dus is hulle waarskynlik van die beste …

Aletta, ek sien jou foto’s het vyf van hulle. Dus wonder ek so half en half of hulle meer geword het. En of een nie elke keer saamgespeel het nie …

***

Rede vir dankbaarheid: Vandag is ek net dankbaar dat ek nie die alewige oorsese reisiger is nie, dat my siel nie sal sterf as ek nie oorsee mag reis nie. Want ek sal nie weer oorsee gaan nie. Nie sommer nie altans. Nie voordat belaglike wette verwyder is nie.

My tweede rede vir dankbaarheid is dan juis dat ek in my eie land ‘n skoonheid kan beleef, plekke wat ek nog moet ontdek. Hier wil ek nog baie reis.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “Die silwer valke spog oor Klub Mikanos

  1. Pragtige foto’s! Ons sien hulle al minder hier oor Langebaan … so twee weke terug was hier weer drie, dit nadat ons hulle amper ‘n jaar lank nie gehoor of gesien het nie. Wonder hoekom?
    Dis reg Christa … reis lekker in ons land, daar’s soveel om te sien!

    Liked by 1 person

  2. Mooi foto’s en die storie maak dit nog mooier. Jaarliks is ‘n Lugskou op Potchefstroom gehou. Kleintyd op die plaas, so 40 km vanaf Potchefstroom langs die Vaalrivier, kon ek nie wag vir die lugskou nie. Heelwat van die tuie het regoor ons plaas deur die lug geklief.
    Nodeloos om te sê, maar my kop draai nog vanself as ek ‘n vliegtuig hoor.

    Suid-Afrika is mooi. Die Wes-Kaap veral is so “divers”. Verskillende skakerings van mooi. Ek sou bitter graag wou anker gooi op Vishoek. Daar lê heelwat van my spore. Aangename herinneringe.

    Groete… en maak ‘n verskil waar jy nou is.
    Philip

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.