BB het mos ‘n jaar gelede ‘n operasie gekry sodat nierstene verwyder kon word. Ek kon nie glo dat sulke groot goed uit haar lyfie gehaal is nie. Van daar af moet sy woewe kos eet vir woewe met urienwegprobleme.
Aangesien dit blykbaar ‘n Miniatuur Schnauzer ding is, moes ek die spesiale kos koop. Dit kos nie net ‘n arm en ‘n been nie (R1 300 vir 13 kg wat hulle in een maand opeet) en dit kan ook net by veeartse gekoop word. Ek het besluit dat al drie maar moet oorskuif na die nuwe kos. Ek het al daarvan vertel.
Saterdag stap ons by die massiewe troeteldierwinkel in Centurion in. Agter na die veearts se afdeling. Om te hoor dat die 13 kg sak uit voorraad is. Daar is wel 2 kg sakke. Teen R300 per sakkie sal dit my ‘n fortuin kos om 6 te koop. Daarom vra ek toe maar of hulle nie ‘n soortgelyke produk het nie.
Ek het al by verskeie veeartse gevra, maar almal het gesê dat net Royal Canin dit maak. En ja, moet ek hoor, Hills verkoop ook ene. Syne is net 12 kg en kos ook R1 300. So sit ek met die 1 kg verskil en stoei en manlief stel toe voor dat ons nie die Hills koop nie, netnou hou die woewe nie daarvan nie. En dit is baie duur.
Kan ek net eers hier vertel dat ek nie so ‘n fortuin vir my eie kos betaal nie? Dat ek by plekke soos Spar en Checkers en Pick n Pay koop omdat dit nie so duur soos Woolies is nie. Maar nou ja, as jy een keer so groot geskrik het soos ek geskrik het toe Biebs nie net geopereer is nie, maar ook ‘n volle R4000 uit my sak gejaag het, dan koop mens maar die kos wat hulle gesond sal hou.
Die ontvangsdame kyk ons so skeef aan en noem die ding wat die deurbraak maak.
Hills is nie sommer so ‘n woewekos nie. As hulle nie daarvan hou nie, bring ek dit terug – en word ten volle terugbetaal, al is die sak nie meer vol nie. Dit is die Hills Waarborg. Royal Canin – hulle huidige kos – het blykbaar ook so waarborg, ek het nie eens geweet nie …
Dit oortuig ons om die koop te doen.
En o my genade, ek dink dit was een van die beste besluite wat ons so vinnig gemaak het. Behalwe nou vir hierdie huisie wat ons gekoop het. Want ons het na net een plek gekyk, verlief geraak en gekoop. Dit is nou nadat ons na 22 gekyk het wat te huur was. En werklik nie ons harte kon steel nie. Kan huurders plekke werklik so verwaarloos en morsig maak? En dink verhuurders regtig dit is my werk om die morsige matte skoon te maak?
Ek glo mos vas dat niks toevallig gebeur nie.
Ek het op ‘n tyd na ‘n radiopraatjie geluister, ‘n godsdienstige een. Daarin het die spreker verduidelik dat dit eintlik beteken Toe Val (God se) Lig op die onderwerp. En ek glo dit sedertdien vas. Net te veel goed gebeur toevallig met ons twee ten goede dat ek nie God se Lig daarop kan miskyk nie.
Terug by die huis skep ek hulle kossies in hulle bakkies. Hulle kry geen menskos nie, al vra hulle soms regtig baie mooi. Ek deel soms wel ‘n oorskietworsie met hulle, maar dan voel ek baie sleg omdat ek nie weet hoeveel sout daarin is nie.
En raai net wat? Hulle hou meer van hierdie kos as van hulle Royal Canin – ek kon toe nie teruggaan en omruil nie. Die bakkies word dadelik leeg geëet.
Hulle gaan waarskynlik op hierdie duurder een bly.
Of laat ek dit eerder so stel – ek het ten minste nou ‘n keuse wanneer ek koop. Die kans is seker baie klein dat beide uit voorraad sal wees as ek by die veearts aanklop.
Natuurlik is ek liggies gepla daaroor dat ek die kos net by veeartse kan koop. Hulle ondersoek nie eens my kinders voordat ek die volgende pak kan koop nie. Dus voel dit soos oormatige beheer van die kos. En dit maak pryse vas.
Maar, waarom sal ek nou daaroor kla? As die nuwe gesondheidversekering in werking tree, koop die regering al die medisyne aan. En ons sal maar moet vat wat gegee word – wat ‘n onaangename gedagte …
My diere eet jare al net Hills.
LikeLiked by 1 person
Ek was gek oor Montego, maar nou is hulle ook Hills mense.
LikeLike
Knyp maar jou oë toe by die betaalslag!
LikeLiked by 1 person
Ek doen, wat mens nie alles vir die kinders doen nie. My man kla nie eens nie ….
LikeLike
Grin and bear it!
LikeLiked by 1 person
My honde het ook altyd net Hills geeet.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Aletta. Goeie kos lyk dit my, ek sal waarskynlik daarby bly.
LikeLike
Beste kos
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek gaan saamstem.
LikeLike
Bevoorregte brakkies!
LikeLiked by 1 person
Jy vertel my. Ek betaal vir niks van my eie kos so baie nie …
LikeLike
Ek ruik ‘n rot as die kos net by veeartse beskikbaar is. Niks anders as ‘n monopolie nie. So jammer.
LikeLiked by 1 person
Daai is die woord, San, monopolie. En hulle kan vra net wat hulle wil.
LikeLike
Wat ‘n Suid-Afrikaner nie alles vir geld sal doen nie…
LikeLiked by 1 person
why ‘wolwe ‘ surely they are not wolves – so what is it slang for or is it your pet name?
LikeLiked by 1 person
Hi Andrew, it is not really slang. Because dogs makes a sound that sounds like Woof- woof, we call them our woewe. Woef is the Afrikaans spelling for the word woof. I am using is as a noun; therefore, the plural is woewe (dogs).
LikeLiked by 1 person
O.k that is what I was looking for on the web but the dictionary only had the proper, official meanings.
LikeLike
We seldom refer to them as dogs. With me, I mean people who have their dogs in their homes, and not outside.
LikeLike
How did that idiom evolve then?
LikeLiked by 1 person
I think it started from having children? We teach them the names of things as well as the sounds they make. So we ask them what sound a dog makes (woof-woof) and not what we call it (bark – blaf in Afrikaans).
LikeLike
Actually makes sense.
LikeLiked by 1 person
That does, and since we treate them as our children, we call them woef (sound) kinders (children).
LikeLike
Here,those who keep their dogs inside refer to them as ‘My little man ‘or my little girl. As their children, their fur babies.
LikeLiked by 1 person
Yes, here we also use fur babies. When I take them to be groomed I get the message in Englsih that my fur babies are ready for collection. Our country uses both Afrikaans and English as languages, as well as 9 other languages.
LikeLike