Ek het vertel ons het in ‘n klein kompleks ingetrek. Regtig klein.
Afhangende van hoe die huisies van die garage se kant trapsgewys gespasieer is, is die voorste erfies van party erwe regtig baie klein. Piepklein. As jy van die stoepie afstap is jy teen die voorste heining (muur). Sommige van die mense het pergolas oor hulle stoepies gesit het. En dan hang hulle hulle klere aan die balke van die pergola.
Myns insiens lyk dit regtig baie sleg, baie woonstelblokke sou dit beslis nie toelaat nie.
Tog herinner dit my aan Kazakhstan, waar mense in sommige van die ouer blokke hulle klere oor die stoepies in die lug gehang het. As mens dit stoepies kan noem. Vir my was dit meer iets soos gevaartes in die lug.
Iedergeval, ek het na een maand hier genoeg daarvan gehad.
En toe die huis op ons naam is, het ek versoek dat die mense aangespreek word.
Nou wonder jy seker waarom?
Die ophang van die klere lyk vir my baie sleg, maar dit is nie vir my so problematies soos die feit dat sommige van die vrouens hulle broekies oor die nek van die hangers met bloese, t-hemde en hemde hang om droog te word nie.
As ek dus op my stoepie van my klein erfie sit, of buite met die honde speel, is die wapperende gekleurde vlaggies al wat ek sien. Want die dakke van die pergolas is veel hoër as die mure wat ons erfies skei. As my kinders kom kuier, kyk hulle op die onderklere as ons sit en eet. Of buite in die tuintjie met kleinseun speel.
Ek weet nie hoe vrouens nie kan verstaan dat onderklere presies net dit is nie. Onderklere. Dit is nie veronderstel om in die publiek gewys of opgehang te word nie.
Fyn goedjies word vinnig en maklik in die huis droog, op ‘n droograkkie. En mens kry opvoubare droograkke vir kouse en so aan wat buite opgeslaan kan word. Die kouse word nie so gehang nie, dus neem ek aan dat s]die vrouens wel so iets het. Of ‘n manier om die kouse droog te kry.
My klagte het gelukkig nie op dowe ore geval nie. Die opsigter het blykbaar reeds voorheen met die mense oor die klere gepraat. Dit is Sondag weer opgehang. Maar die vlaggies is nie weer gehys nie.
Halleluja!
Ons is groot gemaak om jou onderklere nie buite op te hang nie. Ek dink dit maak vir sommige vroue nie saak om dit in die ooenbaar te hang nie. Selfde met om wasgoed oor die heining te gooi omdat jy nie meer plek op wasgoedlyn het nie.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, maar ai, Scrapy, in ‘n ander vrou se panties wil ek nie vaskyk nie. Dit is aardig.
LikeLike
Is so, ek sou ook nie wou nie. Dis net onwelvoeglik as ek so ‘n mooi woord kan gebruik. Volgens my wys dit ook iets van die persoon wat dit so doen. Nou glimlag ek vir myself as ek daaraan dink dat as ek my wasgoed buit in agterplaas ophang word onderkleertjies so opgehang dat mens dit nie kan sien as jy na die vol wasgoedlyn kyk nie.
LikeLiked by 1 person
Ek ook, Scrapy, ekke ook. Dat goed voor en agter dit hang. Em dit is in mens se eie erf, waar nie,and inkyk nie.
LikeLike
Netso!
LikeLiked by 1 person
Ons het ook dieselfde probleem waar ons nou ingetrek het, nieteenstaande die feit dat daar drie plekke is waar wasgoedlyne in is, en dis lang en baie lyne en hier is net 12 woonstelle. So niemand het ‘n rede om wasgoed oor balkonne te hang nie. Ek self hang eerder my goed op die lyne want dit word net netjieser en vinniger droog….MAAR…ek het n klein kontrepsie wat ek op my stoep sit (wat niemand kan sien nie!) waar ek onderklere ophang. Gelukkig het ons opsigter ook vinnig die rampokkers vasgevat. Dit laat my dink aan die jare toe ek in JHB gewerk het…as die trein nader aan Jeppe Stasie toe kom, het die klere en komberse so uit al die geboue gehang!
LikeLiked by 1 person
Dit is waaraan ek ook gedink het, Woordnoot. Wasgoed so opgehang lyk nie vir my te sleg nie, maar panties wat so oop en bloot hang is nie iets wat ek wil sien nie. Dan dink mens ook aan al die ams wat hier bly, die kinders en die werkers.
LikeLike
Ek probeer my vlaggies agter dieander klere hang sodat dit nie van die straat af sigbaar is nie. Dankie dat jy my herinner om versigtig te wees.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, lag ek nou lekker. Julle het groot erwe, ek wens ek kan wys hoe naby aan my dit hang. Dit is soos reg bokant die muur tussen ons en hulle. En die erfies is baie, baie klein. Ek sal bietjie die treë tel.
LikeLiked by 1 person
Ek kan net dink. 😁
LikeLiked by 1 person
Om saam met ander mense in ‘n kompleks te bly, het ook maar sy uitdagings. By ons is dit harde musiek!
LikeLiked by 1 person
Ons mense is stillerig, dit is seker al uitbaklei voordat ons ingetrek het. Die panties hang nie meer buite nie …
LikeLike
👏👏👏 As jy stilgebly het, sou jy vir altyd daarin moes vaskyk! 😀💗
LikeLiked by 1 person
Dit is waar en uiters onaangenaam.
LikeLike