Gepubliseer in Joernaal

As jou stats skielik die hoogte inskiet

Ek het die 2de Julie ‘n boodskap van WP gekry. My stats skiet die hoogte in.

Dit was verrassend, want dit gebeur selde. Dus wou ek twee goed weet, naamlik a) Waar kom die verkeer vandaan? en b) Watter artikels trek soveel aandag?

Die skielik-verhoogde verkeer het van twee lande gekom, naamlik Griekeland en Mongolië.

Die twee lande was nie voorheen op die lys van lande was wat my blog lees nie, wat impliseer dat dit nuwe verkeer was. Die volgende oggend het Kazakhstan bygekom.

Aangesien Griekeland en Mongolië nuut op my lys van lande was, wou ek weet wanneer ek lesers uit hierdie land bygekry het. Uit Kazakhstan kry ek gereeld lesers. In Junie was daar reeds meer as normaal verkeer uit ‘n enkele land.

Die eerste twee weke in Julie het egter ‘n rekord getal besoeke uit Griekeland gekry – die besoeke het verviervoudig.

G’n wonder WP het gedink dat ek gewaarsku moet word nie. So ‘n skielike styging in statistiek kan daarop dui dat ‘n internet trol (kwaadwillige robot) op my webwerf besig is.

Die eerste vraag is dus gou beantwoord. Die skerp styging in statistiek word hoofsaaklik deur besoeke uit Griekeland veroorsaak.

Dus moes ek die tweede vraag beantwoord, naamlik watter artikels trek soveel aandag.

Om die vraag te kan beantwoord, was nie so maklik nie. Ek moes ‘n hele paar verstellings maak. Nie dat ek omgee nie, ek wou al lankal weet watter artikels meer aandag as ander kry om te besluit waaroor ek meer of minder wil skryf.

As jy ook meer spesifieke data wil verkry, kan jy gerus hierdie stappe oorweeg. Dit het vir my gewerk.

Die belangrikste verstelling was om die lees-meer blokkie by elke liewe artikel te voeg. Dit was ‘n tydsame proses, omdat daar bykans 600 artikels op my webwerf is. Maar, dit is die moeite werd want ek kry statistiek oor presies wat gelees word sodra op die lees-meer skakel geklik word.

Daarna het ek die webwerf se voorblad op staties gestel, met skakels na my Afrikaanse CV, Engelse CV, begaafde Kind Suid-Afrika en My Joernaal. Lesers moet nou spesifiek op my Joernaal klik om my artikels te lees. Sodoende kan daar nie meer net op die tuisblad geblaai en geblaai word om die statistiek die hoogte in te stuur nie.

Die volgende stap was om die joernaalbladsy ook te verander. Ek het twee veranderinge gemaak, naamlik dat net een artikel op ‘n bladsy wys en ek het die “infinite scroll” ook afgeskakel. Hierdie twee funksies maak dit vir lesers moontlik om na al die artikels gelyk te kyk – sonder om spesifiekes le lees, wat die skerp styging in statistiek veroorsaak het toe daar af en af en af en af geblaai is om na ouer artikels te kyk. Nou kan lesers net die eerste paragraaf van ‘n artikel sien.

Dit het daartoe bygedra dat die statistiek genormaliseer het, soos wat die onderstaande figuur wys.

Die tweede styging in besoeke (6 Julie 2021) het juis gebeur nadat ek die skakel na die joernaal weer op die webwerf geplaas het. Dit was vir twee dae af, sodat net gebruikers van die platform artikels kon lees terwyl ek die lees-meer funksie by elke liewe artikel geplaas het.

Aangesien die statistiek steeds hoog was, het ek die “wys-soortgelyke-artikels” funksie afgeskakel. En dit het die verkeer op my webblad verder vertraag. Om terug te keer na die normaal.

Ek speel nou met hierdie funksie, skakel hom aan en kyk wat gebeur met die hoeveelheid artikels wat gelees word. Dan skakel ek hom weer af, om te kyk hoeveel artikels gelees word. Afgeskakel blyk definitief die beter keuse te wees.

Op die oomblik hou ek van hom afgeskakel, dit vertraag die verkeer op my webblad as soortgelyke artikels nie voorgestel word nie. Ek het ook die meeste van die funksies van my webblad afgeskakel – soos argiewe, top 10-artikels, kernwoorde, die soekfunksie, kategorieë, ensovoorts. Elkeen van hierdie funksies raak die verkeer op ‘n ander manier, dus bring ek hulle met verloop van tyd terug om te kyk wat elkeen met die verkeer maak …

Google Analytics bied selfs meer inligting: watter tegnologie word gebruik om my artikels te lees (iPad/iPhone); hoe laat word my webwerf besoek en baie meer.

Hierdie inligting help dat ek die artikels beter kan uitlê. Die veranderinge maak dit maklik om te sien dat dit nie ‘n robot was wat die statistiek opgejaag het nie, maar ‘n mens. Internet robotte sukkel met die lees-meer knoppie …

Ek is werklik dankbaar dat die platform my laat weet het dat daar ‘n skerp styging in besoeke is. Nou het ek uiteindelik die tyd afgestaan om my webwerf so te verander dat ek bruikbare statistiek kan insamel. Dit is goed om te weet watter artikels soveel aandag kry.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

17 gedagtes oor “As jou stats skielik die hoogte inskiet

  1. Vir lank kon ek nou nie my stats oopmaak op my selfoonapp nie. Dit is nou weer reg. Nou sukkel my Apple rekenaar om dit oop te naak. Die wieletjie draai net. Op my gewone ou Rekenaar maak dit wel oop.

    Liked by 1 person

  2. Ek verstaan min van WP se tegniese goed, erken nog nie probeer nie, en het vrede met stats, maar kan dink is goed wat jy moet hê. Stem saam LA, jy is in ander liga, en ek bly deel van jou stats😁🌻

    Liked by 2 people

  3. Na ‘n woeste skoolhou tyd – en weer aanlyn zoom-skool ook, het ons uiteindelik vakansie en sal ek weer kan lekker lees op die blogs – iets wat ek baie mis gedurende die termyn-tyd. Ek hou daarvan dat jy die ‘stats’ so dophou en kyk wat gebeur – ek het dit ook klompie jare terug gedoen, maar toe later opgehou, maar dit bly interessant om te kyk waar die lesertal vandaan kom en hoekom juis van daardie lande en die artikels/inskrywings.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.