Tourmaline vra die week dat mens “turkuoise-blue” foto’s deel. En dit het my onmiddellik aan ‘n foto of twee herinner. ‘n See wat nie kan besluit of hy blou, groen, seegroen (turkuoise) of seeblou wil wees nie.
Ek sit altyd by die venster as ons vlieg. En het hierdie foto op 1 Oktober 2017 om 10:28 geneem toe ons Kaapstad lughawe via Kulula verlaat het om oor Valsbaai tussen die Strand en Muizenberg te draai om oor Kayalitsha na Lanseria terug te keer.
Ek was in absolute vervoering.
Die prentjie wat ek onder my gesien het, het my – die Geografie-juffrou – se asem weggeslaan. Want ek het al gelees en foto’s gesien van ‘n see of rivier wat twee kleure is. Maar dit nog nie met my eie oë gesien nie. Behalwe natuurlik nou waar vuil water die skoon seewater verkleur. Hierdie foto is een uit ‘n miljoen (amper – ek het al 90 000 foto’s op my foon) want ek het nog nie weer so ‘n fotoneem kans gekry nie.

Op die foto sal die Strand ver regs wees en Muizenberg en Simonstad ver links. Dus strek hierdie lyn vanaf die kus die diepsee in. Dit word ‘n kleurfront genoem. Front omdat twee massas water mekaar by die punt (lyn) ontmoet.
Daar word op die internet verskeie redes vir vorming van ‘n kleurfront gegee, maar dit word basies verklaar deur twee groepe seewater wat mekaar ontmoet en om een of ander rede nie dadelik kan meng nie. Hierdie redes sluit verskille in soutinhoud, temperatuur, diepte en digtheid in, Maar seestrome en die tipe drywende deeltjies in die twee kant van die kleurfront speel ook ‘n rol.
Daar is verskeie video’s op YouTube beskikbaar oor soortgelyke gevalle. In hierdie video word verklaar dat dit nie die lyn is waar twee oseane ontmoet nie, maar dat die lyn veroorsaak word deur smeltende gletserwater wat die see instroom.
Hierdie video verklaar ook die lyn en kleurverskil aan die hand van smeltende gletsers …
Kaapstad het geen smeltende gletsers nie …
Die kleurfront in Valsbaai kan blykbaar enige tyd in Oktober en November voorkom en duur nie lank nie. Die twee groepe oseaanwater beweeg in Valsbaai na mekaar toe by die kleurfront en meng wel met mekaar.
Mens moet dus op die regte tyd op die regte plek wees en vinnig wees om die foto’s te neem, anders is die oomblik verby. En ek was in daardie oomblikke in die lug bokant die kleurfront om die foto te kon neem … Op die foto kan mens sien hoe die water teen die kuslyn reeds begin meng.
Want dit is mos die hoofdoel van die natuur.
Om ongelykhede gelyk te maak, uit te stryk. Te meng sodat daar ‘n balans kan wees – ‘n strewe na ‘n ekwilibrium … ‘n ewewig, ‘n oplos van redes wat verskille veroorsaak.
Uit die weg neem van verskille wat botsings veroorsaak – soos hier in die foto.
Sal mens dit ‘n vredemaakproses kan noem?
Baie interessant. Mense kom siek altyd die streep hier by ons- by die bymekaarkom van die Atlantiese en diecIndiese osean. Ons het dit sover ek weet nie eintlik by ons nie. (Daar is egter dikwels strepe parallel met d kuslyn.) Ek sal hulle volgende keer verwys nandie Atlantiese en Stille osaan. Wonderlk dat jy die verskynsel in Valsbaai kon sien!
LikeLiked by 2 people
Dankie, Seegogga, dit is wonderlik om so ‘n foto te kon neem. Daar is al navorsing oor die kleurfront van Valsbaai gepubliseer https://open.uct.ac.za/handle/11427/20744 en hierdie skakel het ook baie interessante inligting oor die redes vir die ontstaan van die kleurfront in Valsbaai http://www.learntodivetoday.co.za/blog/2016/01/17/colour-fronts-in-false-bay/
LikeLike
Ek hou hiervan. Baie interessant en duidelik te sien op jou foto.
LikeLiked by 2 people
Baie, beter as op baie van die foto’s op die internet van die verskynsel. En ek het dit self geneem. Dink my hoek was reg vir die foto.
LikeLike
Dis beslis waardevoller as om sommer dit in ‘n tydskrif te sien.
LikeLiked by 1 person
Inderdaad, Scrapy.
LikeLiked by 1 person
Briljante foto!! Het geweet dit bestaan maar kon nog nooit dit so mooi sien nie!
LikeLiked by 2 people
Dankie, Woordnoot, en om te dink ek kon dit so uit die lug afneem …
LikeLike
Niks fout met jou foto neem skills….😘
LikeLiked by 2 people
Dankie.
LikeLike
Dis ‘n pragtige foto van die verskynsel Christa! Dis ‘n kwessie van op die regte plek, op die regte tyd! Wonderlik!
LikeLiked by 2 people
Dankie, Aletta, ons het al soveel keer Kaapstad toe en terug gevlieg. En net een keer in al die kere het ek dit gesien.
LikeLiked by 2 people
🤓 Ongelooflik
LikeLiked by 1 person
Ongelooflik!
LikeLiked by 1 person
Amper soos jou storie oor daardie een mooi strand wat net sekere tye van die jaar besoek mag word. Soos wat hierdie kleurfront net sekere dele van die jaar sigbaar is.
LikeLike
Dit is waar! 😃Daai strand is so spesiaal!
LikeLiked by 1 person
Baie. Ek skat Valsbaai se strande ook – dit lyk tans vir my maar gevaarlik om daar te probeer stop. Ek ry in die laaste tyd nie meer die pad tussen die Strand en Muizenberg al strand langs nie, maar hou eerder op die hoofpad.
LikeLike
Ek ken nie daardie paaie so goed nie was lanklaas daar
LikeLiked by 1 person
Hierdie fotos is uitstekend – ek is bly jy het nou ‘n rede gevind om hulle vir ons te wys. Dankie ook vir die verkillende skakels – almal baie interessant.
LikeLiked by 2 people
Plesier, Anne, is waar, is dit nie? Hulle lê al so lankal in my foto boks.
LikeLiked by 1 person
My goeiste, maar hierdie is interessant, Christa!
LikeLiked by 2 people
dankie, Una, wie sou kon raai dat dit by ons oseane ook gebeur?
LikeLike