My absolute gunstelingstrand is die strand van die kusdorpie Strand., naby Somerset-Wes. Ek dink Strand is sommer terselfdertyd Somerset-Wes se strandgebied. Ek kan ure op die strand loop, foto’s neem en ek raak nooit vir die plek moeg nie. Dit lyk vir my elke keer anders.
Etiket: Valsbaai
’n Seegroen-blou (turkuoise) kleurfront oor Valsbaai
Tourmaline vra die week dat mens “turkuoise-blue” foto’s deel. En dit het my onmiddellik aan ‘n foto of twee herinner. ‘n See wat nie kan besluit of hy blou, groen, seegroen (turkuoise) of seeblou wil wees nie.
Lees voort “’n Seegroen-blou (turkuoise) kleurfront oor Valsbaai”