‘n Hele aantal webwerwe deel idees oor hoe somme speel-speel gedoen kan word. Ek gesels vandag oor twee wat my aandag getrek het.
Planning Playtime – Learning through play.
Op hierdie webwerf word ‘n hele aantal kort videos beskikbaar gestel om onderwysers en ouers te help om maklike hulpmiddels te bou om kinders te help om die angel uit sommemaak te haal.
In hierdie video word gewys hoe swembad noodles opgesny en gemerk kan word om groter as, kleiner as en gelykaan leergeleenthede te skep. Indien die bak in ‘n groep neergesit word, kan groepsleergeleenthede geskep word wanneer maatjies mekaar se somme assesseer en so by mekaar leer.
.
In hierdie video word gedemonstreer hoe roomysstokkies en wasgoedpennetjies gebruik kan word sodat kinders die ontbrekende getalle kan identifiseer en invul. Dit kan ook in ‘n groepsaktiwiteit omskep word as maatjies hulle somme ophou sodat die ander kan sê of die antwoord reg of verkeerd is. En natuurlik ook waarom dit verkeerd is.
In hierdie video word gedemonstreer hoe weggooiglasies gebruik kan word om somme te maak. Elke leerder kan die aktiwiteit op sy eie doen, maar hulle kan in groepsverband besluit of antwoorde reg is.
In hierdie demonstrasie word gewys hoe weggooibare glasies en pypskoonmakers gebruik kan word om kinders te leer tel.
Hier word gedemonstreer hoe oopmaakbare plastiekeiers gebruik kan word om te tel en om daarna die regte syfer te kies.
Ek hoop ek het jou nou gemotiveer om self na die bladsy te gaan om nog vele meer idees te kry oor hoe somme maklik gemaak kan word.
Funandhandprintartblog
Hierdie webwerf bied ook oulike aktiwiteite waarin vingerverf gebruik word om sommemaak speel-speel klaar te maak. Hier word gedemonstreer hoe vingerverf gebruik kan word om tel ‘n lekker speletjie te maak.
Sodra ek op meer webwerwe afkom, sal ek die lysie aanvul. Loer gerus weer in!