Sjoe, ek wil nie swartgallig klink nie, maar hierdie jaar het soveel skokke gebring dat ek wonder of dit ons jaar van emosionele stres gaan wees.
Lees voort “2023 – ‘n jaar wat sover net skok …”Etiket: Shilo
Shilo is Sondag 10 jaar oud … en my hart huil
Dit is asof goed na my asangetrek kom as ek sê ek sal nie iets doen nie, so asof ek getoets word. En die ergste van alles is dat ek dit in die meeste gevalle dan in elk geval gaan moet doen:
Lees voort “Shilo is Sondag 10 jaar oud … en my hart huil”Hoe kan daar van my verwag word om oor lewe en dood te besluit?
Shilo het kanker, te ver gevorderd om uit te sny, te bestraal of chemo te kry. Laasgenoemde is nogal iets wat ek sal vermy as ek die Groot K diagnose kry. Hy kan nie kies nie …
Lees voort “Hoe kan daar van my verwag word om oor lewe en dood te besluit?”Twee weke alleen met siek woefkind
Twintig twee-en-twintig het nie lekker afgesluit nie en ek sukkel om rede te kry om in 2023 te lag. Selfs om te glimlag. Inteendeel, dit voel of ek verswelg.
Lees voort “Twee weke alleen met siek woefkind”Shilo is ernstig beseer, en ek weet nie hoe nie
Ek is kwaad, hartseer, alles in een. My jongste Miniatuur Schnauzer is ernstig beseer en ek weer nie hoe of wanneer nie. Laat ek dan probeer om dit uit te klaar.
Lees voort “Shilo is ernstig beseer, en ek weet nie hoe nie”Ek is Shilo, die Miniatuur Schnauzertjie
Hierdie plasing vorm deel van die volgende bloguitdaging:
“Die wêreld verander teen ‘n vinnige spoed, ons kleinkinders word met ‘n selfoon en tablet in die hande groot. Hulle draai ‘n kraan oop, kry lopende water, sit ‘n skakelaar aan en daar is elektrisiteit. Sit ‘n TV aan en kyk ‘n storie. En dink selfs oumas is, soos Steve Hofmeyr oor spoke sing, so bietjie dom as ons nie so vinnig met die tegnologie is nie. Maar, daar is baie wat hulle nie weet nie, want ons oumas was ook kinders. En ons kan stories vertel …
‘n Bundel kinderstories uit die pen van die Goue Vroue