Ek het net gister vertel dat die reën in Öskemen haarself nie met donderslae en weerlig aankondig nie. Toe bewys sy my verkeerd …
Lees voort “Kaalvoet in die reën in Öskemen”Etiket: Qazaqstan
Blou lug is skaars in Öskemen
As mens na die lugruim kyk, is dit moeilik om te glo dat die lug in Öskemen baie droog is. So droog dat ek lakens kan was, kleiner kan vou om op ‘n staanreëling in die een kamer te pas en teen die aand kan opvou en bêre.
Lees voort “Blou lug is skaars in Öskemen”So, waar is Qazaqstan?
Toe manlief die e-pos kry om te oorweeg om ‘n werk in Qazaqstan te kom doen, het ons dom gevoel. Waar is dit? Ons was nie die enigste nie. Almal wou weet waar dit is toe ons sê ons gaan vir drie jaar hierheen emigreer.
Verpakkings in Qazaqstan:
In ons eerste woonstel hier in Kazakhstan was sulke oulike glashouers in die kaste. Daai soort wat met die draadaffêre oorvou om die deksel toe te hou. En ek wou sulkes hê. Maar het geen idee gehad waar mens dit koop nie.
Uitnodiging vir tee saam met Russiese buurvrou in Qazaqstan
In Qazaqstan is Engels ‘n vreemde verskynsel. Daarom praat ons hier Afrikaans en kry ek kyke op straat as ek Afrikaans praat. Omkyke. En weerkyke. Want dié taal ken hulle ook glad nie.
Lees voort “Uitnodiging vir tee saam met Russiese buurvrou in Qazaqstan”
Prôbleema? In Qazaqstan
Manlief kom elke middag vir middagete. So anders as in die RSA. Gewoonlik kom laai sy drywer hom soggens op en kom laai hom weer saans af. Dan stap hy die twee blokke huis toe vir middagete. En terug.