Gepubliseer in Reisjoernaal

‘n Prettige oomblik in Kaz as ek nog deur die slaap is

Manlief het, so waar as wraggies, drie selfone – ‘n Suid-Afrikaanse een, ‘n Kazakh een waarvoor die werk ‘n sim gegee het en ‘n eie Kazakh een waarvoor hy ‘n sim gekoop het nadat hy hom so drie maande gelede bloedig vererg het [die besonderhede is vervelig, het te doen met limiete op rekenings as mense van die huis af werk, dus vertel ek nie]. Hy het net besluit dat hy sy eie foon nodig het. ‘n Kazakh ene.

Lees voort “‘n Prettige oomblik in Kaz as ek nog deur die slaap is”
Gepubliseer in Joernaal

Bergfietsry is nie vir sissies nie …

Ons het so twee jaar lank aan bergfietswedrenne deelgeneem – 2009 tot iewers in 2010. Ons dogter en haar man het dit begin en ons genooi om ook fietse te koop. Ek het laas as skoolkind fiets gery, ek was doodbenoud, maar het besluit om dié bul tog by die horings te pak en ‘n Merida aangeskaf.

Lees voort “Bergfietsry is nie vir sissies nie …”