Qazaqstan is veilig, anders as wat ek gedink het voor ons in Januarie kom kyk het hoe hierdie land lyk.
Etiket: Kazakhstan
Vleiskoop in Qazaqstan is uitdagend
Vleiskoop is van dag een af ‘n uitdaging in Öskemen blykbaar ook in die res van Qazaqstan. Hier is nie slaghuise soos in Suid-Afrika nie, vleis word op markte aangekoop. En dit is ‘n anderste belewenis.
Onaangename verrassing in Almaty
Almaty is die eerste hoofstad van Qazaqstan wat op 16 Desember 1991 onafhanklik van Rusland geword het. As ek reg onthou, is Astana in 1997 as die nuwe hoofstad verklaar. As ek moes kies, was Almaty steeds die hoofstad (sien foto).
Qazaqstan: Land van tee!
Amper twee jaar gelede het ek begin siek word. Moegheid, tamheid, duiseligheid en ‘n maag wat haar nie laat keer nie. Ek het ons medies in ‘n paar weke uitgeput, maar die oorsaak vir die probleem kon nie gevind word nie. En toe besluit ek om op dr. Google staat te maak om die oorsaak vir die probleem te vind. Wat op die ou einde uit meer as een probleem bestaan het. Maar daarop neerkom dat wat by my mond ingaan die oorsaak vir my probleme is.
Lees voort “Qazaqstan: Land van tee!”So, wat het ek nog nie in Qazaqstan probeer nie?
Ek het gister, op navraag van ons predikant in Suid-Afrika, ‘n brief aan ons gemeente in die RSA geskryf om hulle so bietjie oor die lewe hier in Qazaqstan in te lig. Soos altyd is daar mos na die tyd dinge waaraan mens dink, wat ook vertel kon word. Soos die dinge wat ons nog nie gedoen het nie.
Lees voort “So, wat het ek nog nie in Qazaqstan probeer nie?”Brief aan ons gemeente: NHK Die Kruin
Vanoggend kry ek op Facebook ‘n boodskappie van ons predikant, Ds. Kobus Pienaar. Met ‘n versoek om so bietjie meer oor die lewe hier in Qazaqstan te vertel. Ons is steeds deel van die gemeente, selfs al gaan ons in drie jaar seker nooit daar uitkom nie. Omdat beide van ons, as ons iets sou oorkom, verkies dat ds. Pienaar ons begrafnisse sal lei.
Lees voort “Brief aan ons gemeente: NHK Die Kruin”