Ons het die naweek N1 om gery na ons plekkie langs die Vaal nadat ons jare lank die pad tussen Parys en ons plekkie vermy het. Kan ek raai tien jaar? Hoofsaaklik weens baie slegte slaggate, wat ons al meer as een keer langs die pad laat staan het met ‘n waentjie waarvan die wiel gebars het.En toe weens padverbouings …
Lees voort “Kan die son en ‘n wolk mens bang maak?”Etiket: foto-stories
‘n Motorwassery in Öskemen
Toe ons na Öskemen, ala Ust’-Kamenogorsk in Kazakhstan getrek het, het ons aanvanklik motorloos gegaan. Daar koop mens ‘n motor kontant, dus moes ons eers spaar om ene te kon bekostig.
Lees voort “‘n Motorwassery in Öskemen”Prentjiemooi Öskemen, Kazakhstan
Soms herinner my iPad my aan foto’s wat ek in Öskemen, ala Ust’-Kamenogorsk in Kazakhstan geneem het. En dan kan ek nie help om verras te staan nie. Omdat ek Ust (ons troetelwoord vir die stad) eintlik as super oud en glad nie modern onthou nie.
Lees voort “Prentjiemooi Öskemen, Kazakhstan”Ek voel soos ‘n reus …
Vanoggend soek ek ‘n foto om vir Nowathome te wys nadat sy ‘n foto van Club Mykanos se donkie geplaas het. En kry dit nie met die soekfunksie nie, ek sal deur al die foto’s moet gaan om dit te kry.
Lees voort “Ek voel soos ‘n reus …”Water … bevrore water … oral
Vandag herinner my iPad my aan hierdie foto. En dit bring soveel pragtige herinneringe mee …
Lees voort “Water … bevrore water … oral”My woefkinders se skuiling teen die reën
Ek het al vertel dat my woefkinders buite moet slaap dat ons kan slaap. Hulle voetjies tik-tik-tik op die gelamineerde vloere en dan kan ons nie slaap nie.
Lees voort “My woefkinders se skuiling teen die reën”