As tegnologie besonder duur is, is mens geneig om te dink dat dit eintlik maar vir die yappies onder ons bedoel is. En dan kom jy eers, soos ek, later in jou lewe agter hoe ‘n wonderlike groep mense saamwerk om die groep produkte in perfekte harmonie te laat werk.
Etiket: Apple
So maak jy jou Safari (iMac) weer ‘n Ferrari …
Die afgelope twee weke wou ek my polse sny oor hoe stadig my rekenaar laai. In die tyd, wat dit geneem het om een bladsy te laai, kon ek twee ander dinge doen. Soms selfs gaan koffie maak en terugkom voordat die webbladsy klaar gelaai het.