Gepubliseer in Joernaal

Eindig woord op d of t?

Ons taal is ‘n taal wat kinders kan verwar. Veral wanneer letters soortgelyk kan klink maar anders gespel word. Die Russe het ‘n ander plan. Hulle spel woorde met die regte letter en dan word kinders geleer watter letters sagter maatjies het sodat hulle die woorde reg uitspreek. Julle sal nogal verras wees om te weet watter letters as watter se sagter maatjies saamwerk. Interessante taal, Russies.

Lees voort “Eindig woord op d of t?”
Gepubliseer in Reisjoernaal,Resepte,Tegnologie

Broodbakdag in Qazaqstan: ‘n Thermomix resep vir brood

Verlede week kry ek die blink plan oor hoe om brood in Qazaqstan vars te hou. Voorheen het ek twee keer gebak, maar die helfte van die brood word weggegooi omdat dit oud is. En ek doen nie al daardie moeite om brood weg te gooi nie. Dus het ek intussen vetkoek gebak en twee-twee gevries om dit vars te hou. So het ek vars vetkoek vir drie dae lank op die tafel gesit voordat ek weer moes bak.

Lees voort “Broodbakdag in Qazaqstan: ‘n Thermomix resep vir brood”