Toe ons Almaty toe getrek het, is ek by die WhatsApp-groep vir die Engelssprekende vrouens van die myngroep gevoeg. En so het ‘n hele paar van die wildvreemde vrouens mooi boodskappe gestuur om my in Almaty te verwelkom. En dit was lekker om te weet dat hier vrouens is wat Engels kan praat. In Ust was Engelssprekendes so min soos naalde in ‘n hooimied.
Lees voort “Spesiale vrouens in Almaty groet”Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Vyfde jaar as blogger
Verlede week kry ek hierdie wapen en boodskap van WordPress.
Lees voort “Vyfde jaar as blogger”My eerste haarsny in Kazakhstan
Ek wou nog nie my hare in Kazakhstan sny nie. Hoe gaan ek vir die vrou vertel wat ek wil hê? Hoe gaan ek beduie hoe lank dit waar moet wees? Ek het al vertel dat ek selfde uit ‘n haarsalon stap en met my hare tevrede is. Dit lyk wel mooi as ek uitstap, maar wanneer ek dit self moet hanteer, is dit ‘n perd van ‘n ander kleur.
Lees voort “My eerste haarsny in Kazakhstan”Om die bus te vat in Almaty
Ons moes bank toe, maar Dusty is mos verkoop. En manlief hou nie van taxi’s nie. Ek moet half saamstem.
Lees voort “Om die bus te vat in Almaty”Karma is haar naam
Interessant hoe die twee stoute goed in ons lewens vrouename gekry het. Tropiese siklone en die idee dat wat ek aan ander doen soos ‘n boemerang na my gaan terugkom. Goed of sleg.
Lees voort “Karma is haar naam”Urban Coffee Almaty
Ek skryf so nou en dan oor die plekke in Almaty waar ons eet. Dan neem ek foto’s van manlief, die kos en moet hy verpligtend ‘n foto van my neem. Want anders is ek die onsigbare metgesel. Agter die kamera. Nooit op foto’s asof ek ook daar was nie.
Lees voort “Urban Coffee Almaty”