My drie liefste 4-been kinders het geen idee wat vir hulle wag nie. BB het wel al baie ver saam met ons gereis, Wes-Kaap en Mosselbaai en Hermanus om presies te wees. Maar die ander twee se verste rit was nog rivier toe en terug, so 300 km.
Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Om ‘n Miniatuur Schnauzer se mensmamma te wees
Ek het hierdie artikel op 17 Junie 2017 begin skryf. Nooit klaargemaak nie, dit het in die besig-om-aan-te-werk lêer gaan lê en wag, saam met baie ander.
Resensie TV-reeks: Afgrond
Ek is ‘n absolute ondersteuning van Afrikaanse TV-reekse, stories, flieks en musiek. Nie tot op die vlak waar ek enige iets as goed sal beskryf nie, maar ek gee die Afrikaanse werke ‘n goeie kans voordat ek dit afskiet en nie verder kyk of luister nie.
e-Pos uit Kazakhstan – Maart/April 2021 Sarie
Vanoggend was daar nog niks en toe ek weer kyk, is die nuutste Sarie op die rakke. Dit is nou die een waarin my e-pos uit Kazakhstan gepubliseer is.
LitNet Akademies se adviesraad
Verlede week kry ek ‘n e-pos wat my terselfdertyd geskok en ontsettend geëerd laat voel het.
Foto-storie #1
Ek sien daar is soveel bloguitdagings vir die deel van foto’s in Engels. Ek wil graag daaraan deelneem, maar ek wil nie my blog se taal meng nie. Ek lief my Engelse blogvriende, gesels op hulle s’n in Engels saam. En geniet dit as hulle hier in Engels saamgesels. Sommer baie.