Baie van ons is geneig om ‘so gemaak en so laat staan’ te gebruik om swak gedrag goed te praat. Om nie jammer te sê nie. Vir my skreeu dit teen alles waarin ek as opvoedkundiges glo.
Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Toespraak oor begaafde kinders vir SAOU
Julle gaan sowaar glo dat ek ‘n vrou is wat nie by my woord hou nie. Want ek het skaars ‘n maand of drie gelede geskryf dat ek nie weer ‘n toespraak gaan lewer nie. Wel … dit het so gekom.
Lees voort “Toespraak oor begaafde kinders vir SAOU”Waggy Tails is die beste vir my Schnauzers
Kyk, ek weet vrouens bou ‘n verhouding met hulle haarkapsters. Ek doen nie, laat my hare selde sny. Want … ek stap selde tevrede daar uit. Maar ek bou ‘n baie spesiale verhouding met my Schnauzers se haarkapster, badster, bederfster. Wat sal mens haar noem?
Lees voort “Waggy Tails is die beste vir my Schnauzers”Ruimteskip?
Hammad Rais het ‘n weeklikse bloguitdaging wat my gereeld trek, veral omdat blogvriendin Aletta van Nowathome daaraan deelneem. Ek waardeer haar wolke. En dit is my soort foto’s.
Lees voort “Ruimteskip?”Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan
Ons het mos 18 maande lank in Ust’ Kamenogorsk of Öskemen in die noordooste van Kazakhstan gebly omdat manlief in die hoofstad van die oostelike provinsie gewerk. Naby die grens met Rusland (noord), Mongoloë (oos) en Sjina (oos). Laaste drie maande in Almaty. En vandag herinner my iPad my aan hierdie foto van ‘n spanbou.
Lees voort “Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan”Wat is slaap? ….
Nê, sommer net so. Wat is slaap? Want ek is vandag in ‘n bui. Vies. Kwaad. Want ek het nie genoeg geslaap nie. En daarom wonder ek of ek ooit genoeg simpatie betoon wanneer jong mammas knorrig is as hulle te min geslaap het. Ewenwel, dit daar gelaat, ek is in ‘n bui. Omdat ek te min geslaap het.
Lees voort “Wat is slaap? ….”