Ek het hierdie jaar teen ‘n slakkepas aangepak wat navorsing betref. Want my daaglikse lewe het teen die spoed van weerlig by my verby geskiet.
Lees voort “Eerste artikel vir jaar word gepubliseer”Kategorie: Akademies
Blinde eweknie-beoordeling – ‘n interessante proses
Maandag kry ek weer ‘n boodskap van ‘n wildvreemde professor van ‘n iniversiteit waarvan ek nog net gelees het in my inboks – sal ek vir ‘n internasionale vaktydskrif ‘n eweknie beoordeling doen? Ek kyk na die ou e-posadres wat gebruik is en wonder hoe hulle op my afgekom het. Maar die titel trek my soos ‘n magneet – eportefeuljes.
Lees voort “Blinde eweknie-beoordeling – ‘n interessante proses”So, toe word ek tydens my toespraak gegradeer?
Ek het Woensdag vertel dat ek ‘n toespraak vir die SAOU gelewer het. Oor begaafdekindonderwys. Wel, ek het Donderdagoggend ‘n verslag daaroor gekry …
Lees voort “So, toe word ek tydens my toespraak gegradeer?”Onderwysers se persepsies van Facebook en Gesels.net as e-leeromgewings: implikasies vir nood-afstandonderwys
Hierdie artikel het so pas in LitNet Akademies (Opvoedkunde) verskyn.
LitNet Akademies se adviesraad
Verlede week kry ek ‘n e-pos wat my terselfdertyd geskok en ontsettend geëerd laat voel het.
Sal ek reis om ‘n referaat by ‘n kongres te lewer?
Ek wag vandag vir ‘n e-pos van Researchgate af en kry dit nie. Hulle beveel aan dat ek onder die gemorspos gaan kyk, maar dit is nie daar nie. Daar is wel twee ander e-posse wat my aandag trek.
Lees voort “Sal ek reis om ‘n referaat by ‘n kongres te lewer?”