Vrydag gaan haal ons kleinkind by kleuterskool, gewoonlik is Donderdae ons dag. Maar, oupa was Donderdag weg.
Lees voort “Kleinkind nie-pret: huilend by skool”Skrywer: Dr Christa van Staden
Romantiese see van rose
Ek kry vandag hierdie foto op FB, en ek kan nie help om sommer nog kouer te kry nie. Romantiese see van rose is die opskrif …

Ek weet hoe koud dit is as die sneeu so dik lê. Veral as dit nog so sag en vars is.
Maar ai, is dit nie pragtig nie?
Ek weet nie wie se foto dit is nie, maar, wie ook al geneem het, het diep in die sneeu gestaan om te neem. Dit is nogal snaaks as die sneeu so in jou stewels indrup en dit ewe skielik baie koud in die skoene is.
Ek wil net nie daar wees nie …
Ek dink egter dit is wondermooi, sprokiesmooi.
Sonkrag = ‘n noodsaaklikheid
Ons land is in sy kanon in, daar is geen manier waarop ek glo dat dit beter sal word nie. Altans nie wat die voorsiening van krag betref nie.
Lees voort “Sonkrag = ‘n noodsaaklikheid”My geskenk van manlief … airpods Pro gen 2
Jitte. dit klink so bietjie soos spog, dit is ‘n baie duur verjaarsdaggeskenk. Maar, ai, dit is veel goedkoper as die ander keuses wat ons gehad het.
Lees voort “My geskenk van manlief … airpods Pro gen 2”Kleinkindpret: Vrolike verjaarsdagdans
Dollatjie en my drie kleinseuntjies aan haar kant het vir my ‘n verjaarsdagvideo gemaak …
Lees voort “Kleinkindpret: Vrolike verjaarsdagdans”Kleinseun koop vir my ‘n verjaarsdaggeskenk
Ons het kleinseun gistermiddag sommer by die dokter se spreekkamer by sy mamma gekry. Hy is nie siek nie, ‘n probleempie moes net bespreek word.
Lees voort “Kleinseun koop vir my ‘n verjaarsdaggeskenk”