Die afgelope week voel ek goor. Opgeblaas, lusteloos, word nie honger nie en as ek wel eet, voel ek vol as ek skaars aan my kos begin raak het. Asof ek ‘n baie groot bord kos verorber het.
Lees voort “Kokosneutmelk ‘n kuur vir ‘n maagseer”Skrywer: Dr Christa van Staden
Radio OFM het na Telegram geskuif
Die naweek ry ons terug Gauteng toe en luister radio OFM. Wat ‘n verrassing om te vind dat ‘n hele radiostasie net so woerts weg van WhatsApp geskuif het na Telegram.
La Nina: Paaie in Noord-Kaap breek op
Ons woon sedert 27 Desember 2020 in Kathu, ‘n oulike dorpie in die Noord-Kaap. En dit is soveel anders as wat ons verwag het. Dié deel van Suid-Afrika is veronderstel om nou baie warm en baie droog te wees.
Afwagting – artikel in Sarie
Verlede jaar, nog voordat die pandemie my in ons woonstel in Öskemen, Kazakhstan, ingeperk het, het ek Sarie gekontak omdat hulle onderhoude wou voer met Suid-Afrikaners wat in ander lande woon. Hulle mag my maar kontak.
Identiteitdiefstal en PI (persoonlike inligting)
Die PI wat FB van whatsApp-gebruikers wil kry, is die inligting wat identiteitsdiewe benodig om skade te berokken. Daarom is dit interessant om te sien watter van hierdie inligting reeds tot FB se beskikking is – as jy FB gebruik …
Lees voort “Identiteitdiefstal en PI (persoonlike inligting)”Boekresensie: Speurder Kwaaikofski
Hierdie boekresensie is deur ‘n 9-jarige seuntjie geskryf wat baie, baie daarvan hou om te lees.