Kyk, ek vind dit soms moeilik om ouma te wees, veral as die kleinkinders spesifieke versoeke rig. Want dan moet ek ook die ouers se idees oor kos en soetgoed in ag neem.
So kuier kleinste kleinkind gister by my. Hy is siek, Seun het gevra of ek dalk na hom kan kyk, hy het werk. Natuurlik verstaan ek dat pappa nie kan werk as kleinkind om sy voete is nie, want glo my, hierdie kleinkind soek my volle aandag as hy by my kuier.
‘n Probleem met hom is dat hy nie eet as hy siek is nie, dus wil ek graag vir hom kos gee waarvan ek weet hy hou, maar wat ook die goedkeuring van sy ouers gaan wegdra.
Nadat ek verskeie goed opgenoem het, besluit ek op Sprinkels Pap, die kos wat hierdie ouma vir hom ontwikkel het. Dit werk so. Ek maak stywe pap, dan skep ek dit met ‘n teelepel in bytgrootte balletjies op sy bord. Daarna sprinkel en Sprinkles (vir koek) daaroor. Sprinkle Pap.
My kleinste potjie is by die rivier, daarom maak ek die pap gelukkig in ‘n medium grootte pot. Want die mannetjie kyk te lekker terwyl ek en hy Sonic op Netflix kyk. En hy vra toe ‘n tweede bord pap en ‘n derde een.
Ek het soetgoed in ag geneem, dus het ek met die tweede bord minder Sprinkels gestrooi, maar hy het my daarop gewys. Daar moet oor in die middel van die sirkel wees. Toe hy die derde bord kos vra, sprinkel ek nog minder op, maar ek onthou dat daar in die middel moet wees.
Toe kyk die mannetjie my so, en vra of hy nog Sprinkels kan kry, daar is darem nou heeltemal te min op sy pap.
Ouma jok maar so oortuigend ek kan dat dit klaar is, net om te sien hoe hy sy koppie skeef draai en vra: “Jok jy, Ouma?”
Ek is regtig jammer, maar daar is geen manier waarop ek ‘n jok met ‘n jok gaan bevestig nie. Toe erken ek maar dat daar bietjie oor is, gaan haal dit, wys vir hom daar is bietjie en dat ek net bietjie kan strooi anders is daar niks vir volgende keer nie!
Ek geniet die kind vreeslik baie en verstaan heeltemal waarom kleinkinders ouer mense gesond hou. My brein moet oortyd werk …
Klein kinders weet meer as wat ons dink. Hierdie mannetjie ken sy Ouma baie goed 🙂
LikeLiked by 1 person
Dit is so, Anne. Soms is dit moeilik om ouma te wees. Hy vra byvoorbeeld vir roomys, wat in my yskas is. En dan moet ek nee sê as sy ma nee sé.
LikeLiked by 1 person
Dis darem lekker om by ouna te kan kuier, wat hom so goed ken!
LikeLiked by 1 person
Mens begin di kinders goed ken, en dit is so lekker. Jy weet mos.
LikeLiked by 1 person
Ja, as jy naby hulle is. Myne bly mos oorsee en ons sien haar net vir n kort rukkie as ons bymekaar kan kom.
LikeLike
Dit is erfg, ek weet toe ons 20 maande oorsee was.
LikeLike
Oe, ouma geniet dit net so baie. Hoe gaan dit?
LikeLiked by 1 person
Dit gaan goed met my dankie!
Is net baie besig en kry nie baie tyd vir blog nie!
En jy?
LikeLike
O hulle is darem uitgeslape!!! Kostelik Christa!!
LikeLiked by 1 person
Ek geniet dit kleinkinders regtig baie. Dankie
LikeLiked by 1 person