Gepubliseer in kleinkinders

Ek het jou jonk gemaak, ouma!

Vanoggend was ek en kleinkind (pas 5) die skulpies wat ons opgetel het. Ons het seun-hulle is vir die week by die see, en dit is regtig die lekkerste kleinkindtyd.

Skielik vang ‘n dier my aan die pols, nte daar waar my arm spierwit onder die horlosiebandjie gebly het, dit gaan my are uitsuig.

Ek speel saam. “Oe, moenie, moenie my are uitsuig nie.”

Hy trek aan my vel en toe bly hy verwonderd stil. En toe sê die aspatat iets wat my laat lê het soos ek lag.

“Ouma, kyk, ek het jou weer jonk gemaak.”

Terwyl hy die vel op my pols strek dat dit baie gelyk is.

Ek sê maar sowaar, want ek sien nie die groot verskil wat hy sien nie.

“Ja,” antwoord hy en vervolg: “Awesome.”

Ek speel saam, hou my wang.

“Kan jy my wang ook jonk maak?”

Hy is dadelik reg, trek die wangvel so tussen twee vingertjies styf.

“Sien jy, ouma, awesome, nou is jy weer jonk.”

Dit is so dierbaar, ek wou die kind net opeet.

Dit is awesome as hy my weer jonk kan maak.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

11 gedagtes oor “Ek het jou jonk gemaak, ouma!

  1. Lekkerste lekker as hul so spontaan dinge doen. My kleinkind ry op haar fietsie voor my uit. Ons, sy ry en ek, loop in die straat. Sy draai lekens haar koppie na links sodat haar oog net my vang om te sien of ek nog by hou. Sy ry ook stadig sodat ek kan bybly. te dierbaar. Kom ‘n motor van voor of agter klim sy van fietsie af en sleep hom na rant van pad waar gras is.

    Like

  2. Kleinkinders gee vir ons die kans om die lewe op ‘n ander manier te sien. Dit is wonderlik hoe die kleintjies kan glo dat hulle ons weer jonk kan maak. Vandag is die verjaarsdag van William Shakespeare 146 jaar gelede. Hy het geskryf: With mirth and laughter let old wrinkles come. 🙂 🙂

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.