Ons hou altyd kersete voor die tyd as ons ons kinders nie gaan sien nie. Seun wil oor Desember in Jan Tuisbly se karretjie ry, dus het ons dié ete Donderdagaand gehou.
Ek het op koue vleis besluit, daardie vier soorte wat Food Lovers aanbied. Nogal baie lekker pak met genoeg vleis.
So staan oupa die vleis en sny terwyl kleinkind hom teen ‘n 90 grade hoek kan betrag. Hy sit by ons en eet solank, anders gan ons ‘n baie kwaai kleinkind hê.
En toe lag en so lekker vir sy kommentaar dat ek amper my wind uit lag.
Die knapie, 4 jaar oud, het die week met kersvader te doen gekry by die kleuterskool. Hy betrag oupa se maag terwyl hy sny en laat hoor:
“Oupa, jy het ‘n kersfeesvadermaag!”
Manlief was stil geskok. Die mes het amper in die lug gehang!
Hy het dit nie waardeer nie, ek het die oomblik heeltemal te veel geniet om aan sy ego te dink.
Wat ‘n mooi samestelling vir ‘n 4-jarige kind.
Kersfeesvadermaag!
Hy is nogal trots op sy plattter maag op sy oudag. En toe laat kleinkind se stelling hom weer kyk …
Hy het wel gewig opgetel nadat hy na ander soort insulien moes oorskakel omdat vrouens sy soort misbruik het om soos geraamtes te lyk. Ek is eintlik dankbaar daaroor, was bekommerd omdat dit man so maer geword het – sonder rede.
Nou lyk hy weer sy gesonde self.
Daar is nog, ek vertel later verder.
Kinders is baie oplettend.😊
LikeLike
Hulle is inderdaad. Arme oupa se ego.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Uit die mond van die suigeling, nê! Hier het ek nou die dag ook ‘n lekkerkry antwoord van jongste kleinkind(ook 4 jaar)gehad. Sy sit op die eetkamertafel. Ek berispe haar: Mens sit nie op die/’n tafel nie. Ewe kontant kom antw: Dis my huis en ek sit op tafel as ek wil. Ma antw uit slaapkamer met ‘n ‘dis nie mooi nie’. Ek sê in verbygaan ‘Like mother, like daughter.’ Kleintjies is baie skêrp met hoor en hoe volwassenes praat.
LikeLike
Hulle kan ons terug bring aarde toe!!
LikeLike
dankie
LikeLike
Beslis
LikeLike