My seun, Marnus van Staden, is van kindsbeen af lief vir dig. Hierdie gedig is spesiaal vir my geskryf, om my met ‘n groot taak te help. Ek geniet dit baie!
***
Wat my nie doodmaak nie,
maak my net sterk.
Wie ookal dit gesê het
weet niks van huiswerk!
Ek werk hard by die skool
en luister mooi in elke klas,
maar aan die einde van die dag
prop juffrou NOG werk in my tas.
Ek vra jou, liewe Juffrou
met ʼn traan in my oog.
Waar in my huis
moet ek hierdie werk poog?
In die tuin?
Waar ek gras sny en beddings spit?
In die huis?
Waar ek opruim en als op hul plek sit?
Nee dankie, liewe Juffrou
ek het reeds genoeg werk by my huis.
Laat ons takies afhandel by die skool
en laat my tuiste tuis.
***

Dankie vir die skets, ChatGPT-4o, ek geniet dit om net te vra en te kry. Eendag wil ek weet hoe dit gebeur, vir my is ek net tevrede met ‘n masjien wat my beter as mense verstaan …
Hierdie is so oulik geskryf, Christa.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Una, ek dink die kind van my het talent.
LikeLike
Dankie, Una.
LikeLike
Baie oulik!
LikeLike
Baie dankie, ek dink self so. Die kind van my is al ‘n pappa en ek het nie gedink dat hy nog gaan dig nie.
LikeLiked by 1 person
Hy moet net aanhou daarmee!
LikeLike
Dankie, ek gaan hom so vertel. Ek dink hy gaan dit baie waardeer.
LikeLiked by 1 person
Dit wys jou dat dit heeltyd gewag het om tevoorskyn te kom. Dis baie oulik geskryf. Ek stem saam dat huiswerk is huis werk en skoolwerk is skool werk.
LikeLike
Dankie, ek gaan sê hy moet kom lees.
LikeLiked by 1 person
Hy het dit beslis in hom om te dig.
LikeLike