Gepubliseer in Joernaal

My eerste 9 putjies gespeel

Ek het mos vertel manlief het die kans gevat om vir my my eie gholfstel te koop. Balle, pennetjies, handskoen, alles.

Ons ook by die groot dryfplek aangesluit, waar ek na hartelus balle kon slaan en my stokke kon uittoets. En ek het paar lesse gekry.

Op die baan gaan het ek uitgestel. Ek hou niks daarvan as ander vir my kyk as ek slaan nie. Hulle lewer dom kommentaar. Of sal ek maar net sě ek slaan nie lekker as ek dopgehou word nie?

So kom alle goeie dinge tot ‘n einde, ons twee moes die dryfplek kanselleer om koste te bespaar. Dit is nogal rof teen R1000 per maand, veral as mens nie elke dag kan gaan slaan nie. Ons gholfbaan het ‘n driving range, dit is net nie so goed soos die een waar ek nou geleer speel het nie. En nogals duur …

Verder is dit baie irriterend, mans wat staan en gesels en mens dophou. En my bal wat dan maak net wat hy wil. Soos ek gesê het, ek hou nie van toeskouers nie. Dit is in elk geval ongeskik om te staan en gesels as mense oefen.

Toe sě ek dat ek eerste keer op baan sal gaan in Stilbaai. Hier is mos niemand wat my ken nie. En o my aarde, was dit nou lekker gewees?

Die tannie in die pro-winkel wou hê ons moet halfuur wag dat ander groepe eers wegkom omdat ek gesê het dit is my eerste keer. Manlief het besluit dat ek en hy nie gaan wag nie, maar sommer voor die eerste groep ou mans gaan afslaan. Sy was bekommerd dat ek hulle gaan ophou.

Wel ek het nie.

Ek en my drywer is soos boude. Dit is nou die groot hout, wat eintlik ‘n yster is. Met ‘n massiewe kop. Hom oefen ek elke keer by die dryfplek, hom slaan ek baie goed. Weet presies wat om te doen.

Sit kop langs bal op grond. Tree agter toe dat die handvatsel net-net aan my bobeen raak. Buig vorentoe en plaas een hand, dan die ander een met net my duim vasgehou. Maak so effens of ek gaan sit. Maak seker ek is geballanseerd. Daardie gevleg van vingers is lekker seer, ek doen dit nie. Dan dir opswing, die rem as hy ver agter is. En dan eers die afswaai na die bal om hom hopenlik ver en reguit te slaan.

My drywe was goed, ek slaan nie so ver soos manlief nie, maar ek slaan reguit en kan die bal maklik kry.

My naderhoue is so-so, want ek moet dit met die 3 en 5 hout doen, wat ek nooit geoefen het nie. Mens mag die bal ook nie met pennetjie lig nie, hy moet van die grond afgeslaan word.

My put wat redelik goed, ek het een van die rof langs die setperk mooi gemik en reguit in die putjie gemik! Maar, ek was ook vir ‘n par 3 met drie houe op die setperk en toe maak ek droog met die mik. Die setperk het skaars gras en is baie vinnig!

Omja, en ek het my bal nie weggeslaan nie! Met selfde bal geëindig. Hy was wel amper weg toe ek hom in ‘n bos inslaan, maar manlief het hom gekry. Ek neem die waarskuwing oor slange baie ernstig op …

Iedergeval, dit was heerlik!

Ek kan verstaan waarom mans agter die wit balletjie aan stap. Ek doen ook. Ek het altyd gesě ek speel muurbal, my bal kom na my toe terug. Ek speel nie die m@@r en soek spel nie. Slaan dalk soos op dryfplek, maar hulle gaan soek die balle, nie ek nie.

Nee wat, dit was voor ek geweet het hoe lekker dit is.

So stel ek voor dat ek en manlief van baan tot baan toer, elke keer ‘n ander baan … Dalk? Eendag?

Noudat ek daaraan dink. Daar was nie water nie, maar daar is die hele tyd die pragtigste uitkyk oor die baai, die lug helder blou, die water donkerblou!

‘n Lus vir die oog.

Noudat ons gaan wegtrek, leer ek eers om gholf te speel. Dit terwyl ek al drie jaar op ‘n gholf landgoed bly …

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

7 gedagtes oor “My eerste 9 putjies gespeel

  1. Baie geluk – ek kan lees jy het goeie afrigting gehad! Ek het ook ‘n paar lesse bygewoon en ek en Berto speel altyd ‘n rondte of twee wanneer ons in Langebaan kom – ons gholfstokke is daar. Maar ek speel net op die Mashie Gholf baan … daar hoef ek nie so ver te slaan nie en dis meestal net die plesierige klomp wat daar speel. Geniet dit, klink my jy gaan nog die ou omies ‘n ding of twee op die gholfbaan wys.

    Liked by 1 person

  2. Mooi man, dis heerlik ontspannend om so te loop en te slaan en verder te loop. Ek het altyd daarvan gehou om eenkeer in die week weg te breek van skoolhou en net rustig saam met my vriendin 9 putjies te gaan speel/slaan. As mens eers begin kruip dit onder jou vel en jy moet net elke keer weer gaan.

    Liked by 1 person

  3. Baie goed. Stilbaai se baan is pragtig en Stilbaai self is ‘n stukkie hemel op aarde.

    Het self op ‘n tyd agter die wit balletjie aangeloop maar kon nooit regtig die ding baasraak nie. Het nie genoeg tyd gehad om te oefen nie, en ook nie genoeg geld vir die speletjie nie – dit kos bondel geld. Toe gee ek maar my stokke weg. Ek het genoeg frustrasies in my lewe, daar is nie nog plek vir klein wit balletjies ook nie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.