Ek was baie skrikkerig om Temu te gebruik, maar, ek moes net. Want warm broeke, wat ek in Kazakhstan leer dra het, is nie in Suid-Afrika beskikbaar nie …
In Kazakhstan het ek geleer om lang broeke te dra wat ‘n ekstra lagie het wat mens se bene teen die koue beskerm. Daar kon enige iets wat uitsteek binne sekondes in die winter voel of dit gaan afval – veral hande, oë en wange. En dan natuurlik bene wat nie in dik genoeg broeke versteek is nie.
Dit het die een keer gevoel of my been met ‘n speld gesteek word. En toe ek afkyk om te soek waar die probleem kan wees, ontdek ek dat my langbroek se binnekant op die besondere plek dun geskaaf het, so naby my knie. Dit was ‘n noue ontkoming om in ‘n winkel in te hardloop en uit te stap met ‘n broek wat ek gou in kleedkamers kon ruil vir die ene aan die lyf.
Temu bied die broeke goedkoop aan, dus het ek begin met drie. Grys, swart en vlootblou. Die groottes is reg, die nommer 8’s – hulle small – pas perfek. Ek is tans besig om nog te bestel, maar ek het op medium besluit sodat die broeke bietjie losser om die bene kan sit. Hoop nie ek maak fout nie. Maar as ek doen, stel my ma darem daarin belang. Dus is dit hopenlik nie ‘n groot probleem nie.
Ek bestel nou slegs klere in een bestelling. Want die staat het mos besluit dat mens nou meer belasting op die pakkies moet betaal. Aangesien ander goed steeds minder belas word, is dit blykbaar vir Buffalo baie moeilik om die nuwe belasting per pakkie uit te werk. Ons het eers 20% vir klere betaal, nou word dit 45% waarvan 10% vir ontwikkeling gaan.
Ek wil nog sien waarheen daardie geld gaan!
Maar, ek is bereid om 45% te betaal, die broeke is nie in my land beskikbaar nie. En daarsonder durf ek nie meer koue wintersdae aan nie.
Ek het ook al mooi gholf t-hemde gekoop, maar hou niks van die ysterritssluiters of die materiaal daarvan nie. Ek gaan hulle ook korter moet maak om te dra.
Maar ek het ook al twee baie mooi bloese gekoop.
Ek het ook al ander goed aangekoop, soos gloei-in-die-donker gholfballe, wat ek moet toets.
Ek het ook egter al pure Sjina-gemors gekoop, goed wat nie naastenby so oulik is soos wat op die foto’s adverteer word nie.
Die lekker van Temu is dat my pakkie regtig binne twee weke by my opdaag, die meeste van die tyd binne een week. Verder vra hulle posgeld nie, ek betaal slegs die invoerkostes. Dit is soveel beter as Amazon.com. wat invoerkostes vra sowel as posgeld, sonder om geld terug te gee want die kostes is beraamde kostes.
By Temu betaal ek die bedrag wat in my mandjie wys, dan word die pakkie verpak en na Buffalo gestuur. Dan kontak Buffalo my om die invoerbelasting te betaal. Sodra dit inbetaal is, beweeg die pakkie vanaf Sjina na Suid-Afrika, om binne enkele dae by my te wees.
Sodra die nuwe inkomstebelasting in werking gestel word, is dit beter om klere en skoene van nder goed te skei. Om eerder twee bestellings as een te plaas. Dan is dit maklik om die invoerkostes te bereken en sal die pakkie hopenlik nie op die pad draai nie.
Iedergeval, ek gaan steeds die broeke vanuit Sjina bestel.

Dit is die moeite werd, selfs teen dubbeld die prys! Ek weet, ek het in Kazakhstan geleer dat mens nie hoed koud te kry nie. Daar is broeke geskep om jou warm te hou. Jy moet net weet waar om dit te kry!
Dit is lekker as daar ‘n alternatief is wanneer jy nie die klere in ons alledaagse winkels kan kry wat jy soek nie … en nog beter as die sisteem werk!
LikeLiked by 1 person
Dit doen, en ek ken die gehalte nadat ons in Kazakhstan gebly het. Dankie
LikeLiked by 1 person
Succes met je aankoop
Vriendelijke groet
LikeLiked by 1 person
Baie dankie!
LikeLike
Ek hwt nogal destyds by Cape Union Mart regte warm lang onderbtoeke gekry. Verlede jaar het ek ‘n lieflike, dun, thermal een by Woollies ook gekry. Die invoerbelasting is net verskriklik! Ek is bly jy vertel van Temu.
LikeLiked by 1 person
Temu se goed is baie, baie, baie warmer. Kyk vir die soorte wat ek gewys het. Ek weet, ons SA thermal goed het nie in Kazakhstan gewerk nie.
LikeLiked by 1 person
Hier by ons koop Baaskind by Shein….maar dis gewoonlik n klomp mense wat saam bestel op haar kaart. So ons betaal nog steeds minder. Interessante broeke! Ek wst so koud kry gaan dadelik soek.
LikeLiked by 1 person
Dit is hemels om dit te dra. Jy kan selfs oorweeg om een nommer groter te koop, dan sit dit losser. Ek het bestel, sal laat weet of dit werk. Maar, as jy ‘n 8 is, pas 8 perfek!
LikeLiked by 1 person
Gaan beslis probeer!!
LikeLiked by 1 person
My dogter koop ook graag by Temu. Ek het jou blog vir haar aangestuur, want sy het ‘n vreeslike koue huis!
LikeLiked by 1 person
Sy gaan daardie broeke baie waardeer. Mens se bene is die hele dag warm.
LikeLike
Dankie vir die saam gesels.
LikeLiked by 1 person