Gepubliseer in Joernaal

eSIM kaart en Afrihost

Ek dreig al so lankal om een aan te skaf, ‘n eSIM, maar ek is nog vasgevang in ‘n Vodacom kontrak wat ek nie in 2022 moes hernu nie.

Ek was toe woedend omdat my kontrak sommer in die kontraktydperk verhoog is, veral omdat ek verskeie kontrakte het. Een vir foon, een vir iPad, een vir kleinseun se mini iPad (myne) en een vir die vodafone modempie. Hulle het my egter beloof dit sal nie weer gebeur nie, en ook sommer goedkoper kontrakte aangebied. Ek betaal nou minder as R500 per maand waar ek voorheen bykans dubbeld soveel betaal het.

Maar o wee!

Die kontrak het sowaar al weer opgegaan en die vrou het met my foon se kontrak drooggemaak – ek kan data koop, maar nie stem (voice) nie. Dus moet ek min op die foon gesels, anders is ek van die “grid” af en kan ek niks daaraan doen nie.

En nou tel ek die maande af na Oktober, wanneer ek nie met hulle in ‘n gesprek betrokke gaan raak nie. Bloot net die kontrakte gaan laat uitloop ( soos wat ek in 2022 gedoen het) en die SIM’e bloot na betaal soos jy vorder gaan laat oorskakel.

My ander foon is op MTN, wat my rasend maak. As ek weer sien, het my airtime en minute verdwyn. Ek het daarvoor betaal!

So kry ek boodskap van Afrihost, waar ek ‘n webwerf “host” verlede week. Hulle begin Airmobile en ek kan 10 GB data per SIM kry met R100 lugtyd vooraf gelaai. Aangesien ek baie tevrede met hulle is, besluit ek om die aanbod te aanvaar.

En wat ‘n heerlike proses is dit nie!

Doen aansoek op die Airmobile toep.

Laai die nodige dokumente op (het so effens gesukkel met die selfie met my ID), en doen aansoek vir een SIM om by my huis afgelaai te word. Drie ure later is die SIM by my voordeur – dit is deel van die diens tans, gratis en verniet!

Toets die SIM en dit werk lekker op my iPad.

Baie tevrede, doen ek aansoek vir die eSIM vir my iPhone, 10GB data is baie om verniet te kry en dit hou twee maande. Lugtyd geld ‘n hele jaar! Dit was ‘n maklike proses, maklik op my foon gelaai. Kon kies dat my Voda foon steeds my primêre foon is, en dat my eSIM se data eerste opgebruik word, maar outomaties na Vodacom swaai as dit opgebruik is. Data kos R30 per GB as mens later aanvul en verval eers na 2 maande as dit nie opgebruik is nie.

En toe besluit ek om my MTN-nommer, wat op betaal soos jy gaan is, na Airmobile oor te skakel. Ek moes egter nuwe SIM bestel, mens kies dat jy bestaande nommer wil “port” of nie wanneer jy aansoek doen. Dit was ook maklik en die data word nie opgeslurp soos wat dit op MTN gebeur het nie.

Afrihost het nie kontrakte nie, jy kan enige tyd ophou as jy nie met hulle tevrede is nie. Iets wat daartoe bydra dat hulle gereeld as die beste voorsieners van data aangewys word.

Wat ek nie lekker verstaan nie, is dat ek data of lugtyd kan koop, nie pakkette vir stem en sms’e nie. Ek weet nie hoe dit my sak gaan raak as alles van my lugtyd afkom nie, sal maar toets en vertel.

Ek het toe getoets, dit gaan alles van mens se lugtyd af.

Ek kan ook elke dag kyk hoeveel data ek gebruik het …

Kan ek hulle aanbeveel?

Ek het solank ‘n eSIM vir my iPad ook gekry, die spoed van die internet is fantasties! My Voda spoed is erg stadig, toe hulle vir my ‘n goedkoper pakket aangebeid het, was dit ‘n promosiepakket moet ek toe mos later uitvind. Stadige spoed, vang soms glad nie op nie. Veral as dit besig is.

Ja, ek is al van die begin af een van hulle klante. Beste diens met “hosting”, goedkoop en baie goeie klantediens – ook op WhatsApp. En … hulle verstaan wat ek vra, vang nie nonsies aan soos wat Vodacom doen nie …

O ja, mense met Airmobile kan mekaar ook gratis bel … Ek gaan manlief moet oortuig.

Ek het toe … en ons kan mekaar nou gratis bel.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

5 gedagtes oor “eSIM kaart en Afrihost

  1. Goeiemore Dr. Christa. Ai ek is bly jy het toe reggekom met Afrihost Air Mobile. Ek het al oorweeg om ook van hulle dienste te gebruik maar het nog nie so ver gekom nie. Het ook nie ‘n Afrihost rekening nie. Maar ek weet hulle is baie goedkoop met hulle data.

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie, die grootste rede waarom ek na hulle skuif is die uitnemende klantediens, en dat ek enige tyd kan ophou. Geen kontrak, hulle glo hulle diens is goed. My hosting gaan selde op, een keer per jaar dink ek, maar dit is elke keer baie min. My dogter het al baie lank ‘n Afrihost rekening.

      Like

Lewer kommentaar op Aletta - nowathome Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.