Woensdag gaan haal ons kleinseun by die skool. Hy is siekerig, maar speel te lekker.
Iewers deur die middag staan hy so en sê ‘n gediggie op. Ek ken muskietejag, nie hierdie ene nie.
En ek verkyk my aan die gesiggie wat die gediggie opsê, so uit die kop. Die hele lyfie praat saam, die ogies lag lekker.
En toe gaan soek ek. Kry die gediggie by skoolgedigte, die kinders wat dit leer, kan al lees! En hy is nog nie 4 nie. Hy is nog 3.
Hier is die gediggie, hy laat gedeeltes uit, maar behou die beste. Ek gee eers die gediggie.

Hy sê so:
Haai muskiet jou zoemelige ding (groet gesiggie)
Hoog teen die dak en af teen my kop (handjies wys na dak en kop)
Ag nee, daar sit die knop (So ontevrede gesiggie)
Nee-a muskiet laat staan dit nou ( Ontevrede, maar met plan)
Of ek gaan jou papelelletjies druk! (die handjies frommel iets)
Daardie muskiet gaan beslis dood wees. Hoe oulik is dit nie? Ek is gek oor die leerprosesse.
Julle soen so ñ bekkie sekerlik op!!! Dis vreeslik oulik, Christa.🤗
LikeLiked by 1 person
Dankie, Una, ons doen nogal hoor.
LikeLiked by 1 person
En daar maak hy sommer sy eie gedig! Hoe oulik is dit nie!
LikeLiked by 1 person
Ne, ek eet die kind sommer op. Veral oor daardie gesiggie saam met die gediggies.
LikeLiked by 1 person