Ek het audible September afgelaai en vir een maand betaal. Dit nogal baie duur beskou teen bykans R300 per maand, met een boek wat gratis afgelaai en geluister kan word.
Mens kan blykbaar nog boeke aankoop, maar ek het dit nog nie reggekry nie. Ek sukkel mos net rukkie en dan los ek uit.
Maar, daar is baie boeke wat gratis afgelaai en gelees kan word. Daarom het ek die Count van Monte Christo afgelaai en gelees. Die boek is in die vroeë 1800’s geskryf en dit is in die mooiste Engels geskryf. Dit is een van die bekendste boeke blykbaar, dus wil ek tog klaar luister. Die leser van die boek lees egter baie sangerig en ek kan nie lank luister nie, dan wil ek net aan die slaap raak. Nou wonder ek oor kinders wat in die klas slaap as mens lees? Is dit dalk die probleem? In my klas het hulle nie geslaap nie, die wat nie aandag skenk nie, moes verder lees.
Maar sê nou maar?
Iedergeval. ‘n Paar goed val my ernstig op terwyl ek na die boek luister, wat in Frankryk en verskeie ander lande afspeel. Wanneer het die Engelse begin om “twenty five” en “thirty six” te gebruik? Want die skrywer praat van “five and twenty” en “six and thirty.” Soos in Afrikaans – vyf en twintig, ses en derig … Dit is ongelooflik opvallend verkeerd as jy ‘n Afrikaanssprekende is, wat kinders in die klas gehad het wat so verkeerdom skryf.
Die boek is langdradig geskryf, tog moet jy kophou soos ‘n weeluis op ‘n hond se harige lyf, want anders moet jy weer luister om te verstaan waar jy iets gemis het. En … dit is meer as 78 uur se opgeneemde klankgrepe, ek weet nie waar ek tyd gaan kry om klaar te luister nie … Ek moet nog 28 uur luister …
Iedergeval, ek het besluit om nie te hernu nie, maar toe kry ek boodskap dat ek vir drie maande teen halfprys kan luister. Dit is gaaf, want ek gaan ‘n stil feesseisoen met baie tyd in … die kinders is by skoonfamilies, ons is by die see.
Nou het ek Die teenoorgestelde is net so waar afgelaai, en dit is een groot pyniging. Ek kan nie met die hoofkarakters identifiseer nie. Ek dink ek het al voorheen geskryf dat boeke met eksplisiete seksbeskrywings my nie aanstaan nie Ongelukkig het dit eers gebeur toe ek al ver geluister het, dus kan ek die boek nie terggee en ander een vra nie. En luister ek maar klaar.
Daar is nog agt ure oor, daar was nie naastenby soveel soos stemdata soos in Monte Carlo nie. Maar, die vrou wat lees – en wat een van my gusnteling anderste aktrises is – lees my ook vas aan die slaap. Mou luister ek maar as ek gaan stap, en my plos wil net nie genoeg opgaan om punte te verdien nie, seker omdat my hart wil gaan slaap?
Iedergeval, ek kan Audible nogal aanbeveel. Dit onthou waar ek gestop het, en gaan daar aan sodra ek op die speelknoppie klik.
Gaan ek na Januarie hernu? Nee wat, dit is werklik na my smaak te duur. Dalk eendag wanneer ek meer tyd het, maar nie nou nie. Nou moet ek klaar luister in tye wat ek eintlik iets anders moes gedoen het …
Gebruik jy dit? En hoe voel jy daaroor?
Ek het ‘n vriendin wat graag na audio-boeke luister. Ek kan nie dink dat ek dit sou regkry nie want ek is te besig gedurende die dag en ek hou daarvan om ‘n egte boek in my hande te hou terwyl ek lees. R300 per maand is meskien nie so erg nie as jy in ag neem dat een nuwe boek omtrent soveel kos. Ek werk een keer ‘n week by die Hospice winkel en verlede week het ek met sewe amper splinter nuwe boeke huistoe gekom wat my altesame net R100 gekos!
LikeLiked by 2 people
Sjoe, dit is wonderlik! Ek hou om verskeie redes van ‘n boek – maar veral omdat ek kan sien hoe ek vorder.
LikeLiked by 1 person
Ons een buurman is ‘n ouerige pommie(hy skiet my as ek hom oud noem) wat van vife twentpraat. Tyd doen hy selfde, kan nie nou vinnig ‘n voorbeeld gee nie.
LikeLiked by 1 person
Regtig? Dit kom dus van iewers af?
LikeLike
Moet wees. Of dit moes een of ande tyd net verander het om wie ook al te pas.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam met Anne – ek hou veels te veel daarvan om ‘n regte boek in my hande vas te hou! En dit is so dat boeke nogal duur is, maar as jy ‘n goeie tweedehandse boekwinkel in jou dorp het, is dit dalk die moeite werd om daar in te loer. Ek het al baie goeie boeke (in goeie toestande) by ‘n tweedehandse boekwinkel hier in Oos-Londen gekoop en lees te lekker … sonder om aan die slaap te raak 😉.
LikeLiked by 1 person
Jy weet dan, mens kan rus wanneer jy wil, jy weet wanneer hoofstuk klaar is. Maar, ai, vir die lang pad is luister wonderlik.
LikeLiked by 1 person