Gepubliseer in Joernaal

Hallelula! Derde artikel vir 2023 is gepubliseer

Ag tog, ek was al so moedeloos, het sommer nog twee geskryf …

My artikel oor ChatGPT-3.5 en bekamping van plagiaat daarmee is so pas in LitNet gepubliseer.

Hier is die skakel na die artikel:

Ek is nogal baie opgewonde daaroor, LitNet het dit die hoofartikel vir die nuutste nuusbrief gemaak.

Gesels gerus saam …

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “Hallelula! Derde artikel vir 2023 is gepubliseer

  1. Ek weet te min (eintlik moet ek sê niks) van die kletsbot, maar ek dink wel jy maak baie mense opgewonde wat meer oor ChatGPT te wete wil kom. Die tyd en energie wat jy in die skryf van jou artikels insit, is prysenswaardig Christa. Welgedaan.

    Liked by 1 person

  2. Ek hou baie van ChatGTP – ek sal verduidelik hoe ek dit gebruik. Geheel en al vir ‘n ander doel. Ons kinders skryf stories en ons onnies hou daarvan om ‘n voorbeeld vir hulle voor te hou – maar met al die goeie taalgebruik wat hulle leer, maar op die regte plekke. Jy kry baie min voorbeelde (model-stories – baie kort) wat jy as onderwyser kan gebruik en meestal skryf ek my eie – bladsygewys slegs 3/4 – net om vir hulle ‘n idee te gee. So het ons nou hierdie termyn die boek: ‘Percy Jackson and the Lightning Thief’ wat ons gebruik en vandaf die tweede helfte van die 10de hoofstuk, waar die ‘Furies’ op die bus is, moet hulle nou ‘n nuwe hoofstuk skryf, maar met hul eie ‘demigod’ (wat hulle reeds op besluit het en geteken het met al die ‘skills’ ens). Ek het vir ChatGTP gese om vir my ‘n hoofstuk te skryf van daar af, ‘n naam gegee van my (kamma) demigod en geen spesiale vaardighede vir die demigod gegee nie. Raai wat, hier kom ChatGTP en spoeg vir my ‘n oulike voorbeeld uit, natuurlik het ek vir die chatbot gese van al die taal wat ingeslote moes wees. Dit spaar my ‘n goeie 30 min (of meer) se beplanning wat ek sou moes doen. ChatGTP is baie goed met rapporte skryf ook – ek het dit nie daarvoor gebruik nie (te veel moeite om dit so vir elke kind te verpersonaliseer (hoop dit is ‘n woord!) en was vinniger om dit anders te doen, maar my man het dit gebruik en dit agerna vir elke kind aangepas.

    Liked by 1 person

    1. Ek is gek oor ChatGPT, ek kan nie glo dit kan doen wat dit doen nie – voel so onmoonltik. Ek het vir die detils gegee vir my cover letter vir ‘n aansoek en dit is beter as wat ek kan doen – binne sekondes gekry. Julle gebruik dit oulik, ek is bekommerd oor plagiaat

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.