Gister is ek saam met manlief Clicks toe vir sy medikasie. Mens kry by ons ‘n strokie met ‘n nommer en dan word jy uitgeroep, dus kan jy inkopies doen en rondstap eerder as om in ‘n ry te staan.
Daar is ook stoele en manlief kies die stoele terwyl ek deur die rakke stap. Sonder my bril by my is dit regtig net stap, ek kan nie lees nie. En almal dink ek kan, want ek het ‘n bril op. Wel, hy kan net op ‘n afstand lees, ek het leesbril tuis vergeet.
Toe ek in die een ry opstap, kry ek die gevoel dat iemand my dophou. En toe ek opkyk, kyk ek in die allerfraaiste seuntjie vas.
Hy het skoolkleertjies aan, deftiges, met iets tussen ‘n Russiese pet en ‘n hoed op sy koppie. Effens groterig vir sy koppie, laat my aan die kleredrag van die kinders in oorsese reekse dink noudat ek sit en wonder daaroor. Soos dié in Little House on the Prairies – wat jare gelede op die TV was.
Die verrassende deel was hoe die seuntjie my aangestaar het, tot hulle by my verby is. Eintlik het hy my van kop tot tone bestudeer, ek het skoon gebloos. Gewonder of ek nie maar eers ‘n kam deur my hare moes getrek het voor ek uit die huis is nie. Ek is so inderhaas daaruit.
Maar, ek het nie die gevoel gekry dat hy my lelik uitkyk nie. Eerder dat hy my mooi uitkyk. Eerder bewonderend …
Dalk het ek hom aan sy ouma herinner?
Soos kinders vir hulle gunsteling juffrou, tannie – of natuurlik ouma kyk.
Ek hoop die seuntjie bly altyd so oulik, hy het skoon onvanpas in Clicks gelyk. Noudat ek daaraan dink, het ek gesien dat sy mamma saam met hom is, maar haar glad nie raakgesien nie.
Dalk is ons volgende president van die land in wording …
Hierdie ou seuntjie het my sommer weer lus gemaak om my juffrou-skoene aan te trek, maar ek sal darem nie …
Jy laat my glimlag met jou skrywe. Ek wonder net of ek nog kan bloos.🤔😉
LikeLiked by 1 person
Ek kan as ek ongemaklik voel, en ek het eers gedink ek word sleg uitgekyk, dan wonder mens mos of alles sit waar dit moet sit …
LikeLiked by 1 person
Lekker man, so ‘n sjarmante jongetjie. Ek trek Dinsdae en Woensdae my juffrou skoene aan as ek Bea skooltoe vat. Vanoggend het ‘n maatjie(haar pa het ‘n maand terug selfmoord gepleeg) saam gestap en ons moes in ‘n ry loop langs die sykant van die besige pad. Bea voor Mathilda in middel en Ouma agter. Toe is ons eendjies. Bea gee een kwak, Mathilda twee kwakke en Ouma drie. So het ons tot by die skool geloop en kwak. Ook in tussentyd papiertjies en gemors opgetel en in skool se bin gegooi. Te lekker.
LikeLiked by 1 person
Ag dit is sooooo oulik! Ja, ek is ook juffrou met my kleinkinders
LikeLike
Jy moes ‘n vlieg gewees het om ons te kon sien soos eendjies in ‘n ry. Ons het weer ses, wat nou vyf is klein eendjie twee dae terug gekry. Te kostelik as hul soos eendjies in ‘n ry agter hul mamma aan loop.
LikeLiked by 1 person
Baie, laat my sommer na plaaslewe verlang
LikeLiked by 1 person
Ag, maar so ‘n oulike klein seuntjie! As hulle mens so kyk, kan dit nogal ongemaklik wees (ek wonder atlyd wat gaan in die koppies aan) … maar ek dink jy kan gerus wees, hy’t waarskynlik van die “looks” van die tannie gehou 😉.
LikeLiked by 1 person
Laat jy my nou lag. Ek was sooo ongemaklik. Vreemd hoe mens ongemaklik is as iemand jou vriendelik betrag en nie wanneer iemand jou vyandig betrag nie. Dan is dit seker veg of vlug?
LikeLiked by 1 person