My tande gee die afgelope ruk probleme, en so besluit ek in Se-tember 2023 om ‘n gap-cover uit te neem.
Net betyds, want Oktober 2023 ontwikkel ‘n abses in my tand, wat na my verhemelte versprei toe my tandarts bykans ‘n week draai om ‘n voorskrif vir antibiotika te gee. Na ‘n tweede kursus versprei die abses meer en nie minder nie en moet die tand uit, enigste manier om die abses te dreineer.
Hierdie noodbehandeling kos my bykans R6000. R1 500 vir die eerste besoek waarin duur x-strale geneem word om te bevestig wat mens met die blote oog kan sien en natuurlik die man se dienste gelewer.
R4500 vir die trek van die tand en die maak van ‘n plaatjie, wat nie reg pas nie omdat die vorm geneem is toe my verhemelte nog dik geswel was. Dit is nie reggemaak nie, al is ek terug om te kla. Dus trek ek my vorige vertelling oor my wonderlike tandarts terug. Ek wil veel eerder aanbeveel vra my na wie om te gaan as jy twyfel.
Die plaatjie wat nie reg pas nie, skuur my een veneer-tand (voortand) af, enkele uur voor die Bokke en die All Blacks se wedstryd moet begin – dus oor ‘n naweek. My voorheen-geliefde tandartse het ‘n nooddiens, hulle antwoord egter glad nie op noodboodskappe nie. Daar is ook nie noodtandartse beskikbaar in die hele Centurion nie.
Die tandhospitaal kan help, mits ek eers R2500 neersit vir na-uurse ondersoek. Wat ek natuurlik weier toe ek hoor die vasplak sal net R450 kos die volgende dag. Dus stuur ek boodskappe na al die tndrtse se noodnommers, vra wie oor naweek kan help. Want, ek het afspraak met skoondogter en kleinseun die volgende dag. En sonder die veneer gaan ek nie uit nie.
Sondagoggend bel dr Zeeman my, hy kan my 11 uur help. Dit is te laat vir die afspraak, maar ek is dankbaar. Hy soek ook nie, soos my eie tandarts, my geld as ek uitstap nie. Nee, hy stuur eers na medies en dan betaal as ek daar nie geld beskikbaar is nie. Selfs toe ek vir him verduidelik dat daar nie is nie, verduidelik hy dat ek dit vir SARS nodig het …
Ek stuur die noodgeval rekening na Zestlife, wat vir my laat weet dat dit binne die drie maande wagtydperk is en dat hulle nie gaan uitbetaal nie. Ek laat weet dat ek nie ‘n bedrieër is nie, daar staan niks oor wagtydperke langs noodgevalle nie. En ook dat hulle sommer my polis sowel as die mediese polis wat ek ook uitgeneem het kan kanselleer. Gelukkig sien ek hulle ware kleure gou.
Ek kry onmiddellike antwoord, kan hulle probleem regstel. En toe ek weer sien, kry ek boodskap dat hulle die volle R2500 vir die noodgeval sal uitbetaal. Wat my natuurlik by die bedrag van die tandhospitaal bring. So, hulle wou die hele bedrag hê vir niks doen nie?
Iedergeval, ek beveel dokter Zeeman met ‘n geruste hart aan. Hy het my mooi gehelp, lekker gesels en het nie eens van ‘n splinternuwe pasiënt verwag om te betaal voor ek uitstap nie.
As hy sy pasiënte so vertrou, het ek rede om hom met my tande te vertrou. Vir die ander praktyk het ek nie meer tyd nie, my noodgevalle gebeur oor naweke. En, o ja, selfs al gebeur dit in die week, moet ek twee of drie dae wag vir ‘n afspraak – dae wat my ‘n tand gekos het.
Die plaatjie werk nie, ek sal nog meer geld moet uithaal en wys om ‘n inplantaat te kry. Ek dink nie ek gaan die brug effek doen nie, maar, as jy my kan oortuig, sal ek tog daarna kyk.
Vir nou sit ek my finansies en tande in twee mense se hande:
Zestlife (dekking) en dr Zeeman …
Ek kan nie my vorige tandarts of die groep aanbeveel nie. Die tydsverloop tussen vra vir hulp en hulp verleen het my nie alleen ‘n belangrike tand gekos nie, dit het my ook bykans R6000 by die kos (antibiotika uitgesluit) en ‘n verdere R1500 om die veneer vas te plak was losgeskuur is. Deur swak werk gedoen – hulle maak nou self die plaatjies en ek voel soos ‘n proefkonyn.
Verder is hulle tweee keer nie oor naweke beskikbaar nie, wat belaglik my nie alleen in pyn gelaat het nie, maar ook ‘n tand gekos het. As mens in ag neem dat daar so 8 tandartse is, is noodgevalle nie vir hulle belangrik nie. Inteendeel …
Dr Zeeman werk alleen en hy maak tyd vir noodgevalle. Die enigste een in Centurion! My nuwe tandarts. As ek geld het en kans sien om weer na een te gaan ….
3 slegte opsies: inplantaat: duur, vat lank en nie noodwendig suksesvol nie. Brug: vir my was dit aaklig. En die twee gesonde tande weerskante moet gekroon word om die middelste tand aan hulle te laat hang. Plaatjie hou jy dag en nag in, maar jy moet dit uithaal as jy borsel en dan vir ‘n heks in die spieel kyk. Maar ek is nou op die laaste opsie, en dis vir my due maklikste. Maak n Nuwe een!
LikeLiked by 1 person
Dankie Seegogga, dit is vervlaks duur! In-lantate kos R20 000 hier by ons, brug R15 000. En sonder tand gaan ek wraggies nie loop nie. Ek het twee inplantate, maar dit was nie so duur nie
LikeLike
Jare gelede, moet ek byskryf.
LikeLike
So, jy is nou by die laaste letter van die alfabet (met dokter en fonds). Behalwe dat dit ‘n ongemaklike en seer storie is, is dit ook baie duur … dan verwag mens tog dat die resultate ook goed sal wees, dan nie? Sterkte, ek hoop jou twee “Z’e” help jou mooi!
LikeLiked by 1 person
Hi, ek sien d9t nou eers raak, gits, my keuses is beperk …
LikeLiked by 1 person