Gepubliseer in Joernaal

My skielike liefde vir pienk

Ek dra donker kleure, het laas jaar hierdie tyd materiaal gekoop en vir my baie denim rompe gemaak.

Sondag is ek winkels toe en raai wat? Ek sien ‘n stuk pienk materiaal en koop dit net daar en dan. Dit gaan ‘n romp of twee word, dalk een kort en een lank.

Twee weke gelede koop ek paar t-temde en ‘n pienke glip deur. Pienk wat ek nooit dra nie, is nou vir my baie, baie mooi.

Sondag het ek ook die mooiste t-hemp materiaal gesien met die buitelyne van dinosaurusse. Ek wou net koop, gelukkig was my hande vol. Maar die materiaal trek my steeds …

Vandag sien ek in my gedagtes hoe ek ‘n dogtertjie rokkie maak. Ek met al my kleinseuns en geen kleindogtertjie nie.

En dit laat my wonder, waarom?

Ek oorweeg nogal om kinderklere te maak, van goeie materiaal, maar die goedjies is so klein en mens kan ook nie arm en been daarvoor vra nie. Dalk by stalletjie by Stilbaai om ‘n geldjie te maak?

Weet nie of ek regtig lus is daarvoor nie, grootmens rompe werk net soveel makliker.

My skielike liefde vir pienk is vir my interessant.

Dit is nie asof ek vir myself mooi lyk in pienk nie.

Tog het ek een lieflike pienk romp op universiteit gedra. Daai soort wat in drie valle gemaak word, met die boonste een nie baie wyer as ek nie. Die romp was van anglaise, ek voel soos ‘n prinses in daardie materiaal. En die ander le is ook nie baie wyer nie, sodat dit sag plooi. Met so ‘n wit sigeurerin bloes. Ek het dit so baie gedra dat my kortstondige kêrel my daaroor aangespreek het. Het ek nie nog klere nie?

Maar daarna het ek nie regtig pienk gedra nie.

En nou, die afgelope twee weke, trek pienk my soos ‘n magneet!

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

8 gedagtes oor “My skielike liefde vir pienk

  1. Dit is nogal interessant om te besef hoe ons kleure in klere verander met die seisoen of sommer omdat ‘n kleur ons aantrek. Ek het veral groen en beige klere asook blou. Dit is tyd om ‘n bietjie te verander 🙂 🙂

    Liked by 1 person

  2. Ek dra meestal donker klere, maar daar hang ‘n paar bloese wat sagte pienk in het in my kas … en ‘n pienk-pienk baadjie wat my broer-hulle vir my uit die UK gebring het as geskenk. In die winter dra ek dit gereeld (dan wonder ek ook hoekom het ek nie meer pienk in my kas nie)! Wat ‘n wonderlike voorreg om jou eie klere te kan maak! Ek dink, met jou donker hare, sal jy baie mooi lyk in pienk!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Anne Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.