Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Joernaal

Foto-uitdaging: My sampioen foto’s

Ek vertel vanoggend vir Anne dat haar sampioen foto’s, waarna sy wetenskaolik korrek as fungi verwys, baie mooi is. En dat ek ook daarvan hou om hulle af te neem.

Toe daag sy my uit om my eie foto’s te wys. Ek wou eers tot later wag, wanneer ek deur my foto’s blaai. Maar, toe besluit ek om die bul by die horings te pak.

Vra vir my foto-toep op my iPad om mushroom foto’s te soek. En kry ‘n interessante groepies foto’s, wat spyskaarte van restaurante insluit waarop dit vir my die woord “mushroom” gemerk het.

So, kom ek gesels eers oor die spyskaarte wat geïdentifiseer is.

Die eerste twee spyskaarte is van restaurante in St Petesburg, Florida, Amerika, waar ons twee geëet het toe ek ‘n referaat by ‘n kongres gelewer het.

Kos is daar nogals baie duur

En ook hierdie ene.

Was nogals baie lekker kos

Die tweede spyskaart is by ‘n restaurant in ons eie land geneem, in Brits. Ek kan sowaar nie onthou dat ek al ooit in hierdie dorpie was nie, sal gaan soek deur foto’s by die spyskaart vir leidrade. Maar, ek deel dit, want manlief lyk heel opgewonde oor die eetplek.

Die derde groepie spyskaarte is in Almaty geneem, sien die Russies aan die een kant, en die Engels aan die ander kant.

Ons was bederf in Almaty met sulke spyskaarte, na Ust-Kamenogorsk, waar alles maar alles Russies is. En die kelners en mense om jou nie Engels verstaan nie. Daar moes ons op Yandex staatmaak om ons te lei, anders het ons nie eens geweet wat ons bestel nie.

Soos Cora dit niem, is dit goeie throw-back foto’s, herinneringe stroom sommer in net as ek na die spyskaarte kyk. Natuurlik is ek verwonderd dat KI die foto’s “gelees” het om vir my die spyskaarte ook te wys.

Ek is seker ek het meer sampioen foto’s, maar hier is ‘n paar wat my foto-toep vir my uitgehaal het.

Hoop jy geniet dit Anne!

Hierdie sampieon het my aandag getrek toe ons in ‘n feëtjie woud by Balito aan die Natalse kus gaan stap het. Hoe mooi en fyntjies is dit nie?

Die tweede foto’s is van ‘n sampioen op ons gras by Bothaville, langs die Vaal.

Kleine fyne dingetjie.

Ons gras lyk nie meer so nie. Die oorstroming het dik laag slik opgesit, en ons ontdek dat ons wag nie daar is nie. Hy gooi nie nat nie, laat die krag uitskop, dan hoef hy nie gras te sny nie … en as hy nie natgooi nie, groei die gras nie, dan kan ons nie sien hy was baie lanklaas daar nie.

Hy gaan baie ver verrassing kry, koper van agterste grond gaan dat hy elke dag inteken. En as hy nie daar is nie, word hy eenvoudig nie betaal nie. Ons sal hom ook moet laat loop, want dit kan ‘n invloed op ons versekering hê.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “Foto-uitdaging: My sampioen foto’s

  1. Ironies, ek neem ook baie keer foto’s van spyskaarte (om my later te herinner wat ons geëet het). Jy’s reg, jy het nou ‘n lekker ‘throwback’ in jou storie ingewerk 😉. Daardie eerste sampioen by Ballito lyk amper soos ‘n blommetjie – pragtig!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Anne Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.